Dié kennis is al lankal aan ons bekendgemaak en ons word gewaarsku (Markus 13:23 Maar julle moet op jul hoede wees. Kyk, Ek het alles vir julle vooruit gesê.). Wat moet ons daaromtrent doen? (Sien Markus 13:14 tot 22). Vers 14: En wanneer julle die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan waar dit nie behoort nie – laat hom wat lees, oplet – dan moet die wat in Judea is, na die berge vlug; ....

Wanneer kan dit gebeur? Indien ons na die berge vlug, op watter wyse gaan ons oorleef? Vir watter tydperk gaan ons in die berge moet wees? Gaan dit die tydperk wees, wat die dier aan almal bekend gaan wees, en gaan heers?

Openb 17:12 En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier. Openb17:13 Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier.

Dit is duidelik dat op hierdie stadium (met die gruwel van verwoesting) word die mag en krag van die tien konings (wat dui op die tien unies), oorgegee aan die dier. Dit gaan sekerlik geskied op ‘n baie ordelike demokratiese wyse, sodat dit vir elke burger in die wêreld, wat nie bewus is van die ware gevolge van die aksies nie, ‘n aanvaarbare en sinvolle proses gaan wees, wat hul goedkeuring sal wegdra. Gelukkig is die waarborg daar dat die tydperk van oorheersing deur die dier net ‘n kort tydperk gaan wees,(een uur lank).

Hoelank is ‘n uur in Bybelse terme? Wat wel baie duidelik is, is dat dit ‘n baie moeilike tyd gaan wees vir uitverkorenes.

Mat 24:21 Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.

Hier word verwys na die verdrukking wat gaan kom, ‘n verdrukking soos nog nooit tevore nie!

Mat 24:22 En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.

Mens wonder oor uitverkorenes – Wie is die uitverkorenes? Is dit nie logies dat elkeen wat God en Sy gebod gekies, en daarvolgens geleef het, as die uitverkorenes beskou kan word nie?

Beteken dit dat elkeen self kan kies deur te leef soos 'n uitverkorene, om te kwalifiseer as ‘n uitverkorene??

Hoe lank gaan die verdrukking duur?

 

Dan 9:27 En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.

‘n Dag kan as ‘n jaar beskou word in Bybelse terme (so verduidelik kenners aan my) wat beteken dat die verdukking oor ‘n tydperk van sewe jaar kan duur. (Een week lank.) Maar gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou.

Die helfte van sewe is drie en ‘n half! Sien Mat 24:22 maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.

 

Daniël is ook redelik onseker, want hy sukkel om te verstaan en vra, want hy wil weet – Dan 12:8 En ek het dit gehoor, maar nie verstaan nie; daarom het ek gesê: My heer, wat is die uiteinde van hierdie dinge?

Dan kry ook ons, die antwoord duidelik:

Dan 12:11 En van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, sal duisend twee honderd en negentig dae verloop.

Ons moet vasstel wat die voortdurende offer is, en wat sal opgerig word wat 'n ontsettende gruwel vir God gaan wees?

 

‘n Duisend twee honderd en negentig dae gedeel deur 365 dae om dit jare te maak, is gelyk aan drie en ‘n halfjaar. Is dit die tydsduur wat uitverkorenes geforseer gaan word om na die berge te vlug?

Drie en ‘n halfjaar van verdrukking? Hoe voorsien mens om te kan oorleef, vir drie en ‘n halfjaar? 
 

Wat ook baie duidelik is, is dat daar nie ‘n wegraping gaan wees voor die groot verdrukking, soos dit deur baie aanvaar word nie. As daar ‘n wegraping sou wees voor die groot verdrukking, sou God nie deur Sy Woord vir ons so waarsku nie – Sien Mat 24:15-21 en 22 maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.

Die uitverkorenes gaan die verdrukking ervaar, so seker as wat Die Bybel waar is.

Eerstens moet ons vra wat is die voortdurende offer en die ontsettende gruwel wat opgerig word? Kan Sabbat-onderhouding as 'n voortdurende offer beskou word? Is dit nie al offer, of opoffering wat Vader versoek in Sy Wet, die tien gebooie van ons nie? Is dit die voortdurende offer waarna ons Vader verwys in Dan 12:11?


Dit is bekend en ook logies dat wanneer die dier aan bewind gaan kom, dat hy daarop gaan aandring dat hy gedien word. Die oomblik as dit gebeur word God se wet, die eerste en tweede gebod afgeskaf, (Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie;), word die ontsettende gruwel dan opgerig, wanneer die dier aan bewind kom, en gedien word?

 

Dit is dan wanneer die merk van die dier afgedwing kan word, waarmee baie mag afgeforseer kan word –

Openb 13:17 sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.

Hoe gaan mens lewensmiddele soos voedsel, medisyne, klere ens kan koop sonder die merk van die dier?

Dink daaraan, mens kan al die geld moontlik tot jou beskikking hê, as jy egter nie die merk het nie is al daardie geld waardeloos! Papiergeld gaan verdwyn! Wat kan gedoen word om so ‘n situasie die hoof te bied?

Indien u, uit die oortuiging van u geloof graag voortydig voorsiening wil maak vir die gebeure, kan u gaan na www.eofsa.org vir ‘n moontlike oplossing, soos per opdrag in Markus 13:14 tot 22 .

Kommentaar Aangedryf Deur CComment