Daar is al baie bespiegel, gewonder en ook voorspellings gemaak oor die eindtyd. Wonder u, oor wanneer die eindtyd is? Sou die eindtyd naby kom, het u al daaraan gedink op watter wyse u, uself gaan voorberei om die omstandighede in die eindtyd, te kan trotseer? Ons probeer om die Bybel prakties en logies te analiseer, en die analises te staaf met huidige-, geskiedkundige-, en bespiegelinge oor toekomstige gebeure.  

God se Woord dui ook aan op verskeie plekke dat die einde van dae nie maar net simbolies, of 'n ligtelike waarskuwing is nie - Sien onder:

Gen - 49:1  Daarna het Jakob sy seuns geroep en gesê: Kom bymekaar, dat ek julle kan verkondig wat julle aan die einde van die dae sal wedervaar.

Num - 24:14  En nou, kyk, ek gaan na my volk toe. Kom, ek sal jou inligting gee, wat hierdie volk jou volk sal aandoen aan die einde van die dae.

Deu - 4:30  As jy in die nood is en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die HERE jou God terugkeer en na sy stem luister.

Deu - 31:29  Want ek weet dat julle ná my dood gewis verderflik sal handel en sal afwyk van die weg wat ek julle beveel het, sodat die onheil julle aan die einde van die dae sal teëkom, omdat julle sal doen wat verkeerd is in die oë van die HERE om Hom deur die werk van julle hande te terg.

Isa - 2:2  En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom.

Jer  - 23:20  Die toorn van die HERE sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit duidelik verstaan.

Jer - 30:24  Die toorngloed van die HERE sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit verstaan.

Jer - 48:47  Maar aan die einde van die dae sal Ek die lot van Moab verander, spreek die HERE. Tot sover die oordeel van Moab.

Jer - 49:39  Maar aan die einde van die dae sal Ek die lot van Elam verander, spreek die HERE.

Eze - 38:16  en jy sal optrek teen my volk Israel soos ‘n wolk om die land te oordek. Aan die einde van die dae sal dit wees—dan sal Ek jou teen my land laat aankom, sodat die nasies My kan ken as Ek My in jou, o Gog, voor hulle oë as die Heilige laat ken.

Dan - 2:28  Maar daar is ‘n God in die hemel wat geheime openbaar, en Hy het koning Nebukadnésar bekend gemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur. U droom en die gesigte van u hoof op u bed was dit:

Dan - 10:14  Ek het dan gekom om jou inligting te gee oor wat jou volk aan die einde van die dae te beurt sal val, want die gesig sien nog op die verre toekoms.

Dan - 12:13  En jy, gaan heen na die einde; en jy sal rus en weer opstaan tot jou bestemming aan die einde van die dae.

2Pe - 3:3  Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel

Kommentaar Aangedryf Deur CComment