André Groenewaldt

Hoe Belangrik is die Mens Regtig?

Ek wonder oor hoekom die daaglikse gejaag so belangrik is vir die meeste van ons?  Ek wonder of mense regtig weet wat die onderskeid is, tussen die tydige en die ewige, en verder, word daar ooit geglo aan ewigheid? Dit laat my wonder of ons, die mens nie ‘n te groot ophef maak van onsself nie? Is ons, en ons doen en late, nie té belangrik in ons eie oë nie?  

God het vooraf geweet hoe die mens gaan optree, dink en doen. Wat die invloed van die mens wat Hy geskep het, gaan wees op die verloop van die geveg teen geeste in die lug. Omdat ons worstelstryd nie is teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug, het God geweet ons is nie instaat om die geveg sonder Hom te veg nie. Maar is dit nie hoekom ons regtig op aarde is nie? Om die geveg saam met God te veg. Nie vir eie belang, voorspoed en materialisme nie!

 

Dit is tog duidelik uit God Se Woord, dat God ‘n koningkryk in die ewige realm het. ‘N koninkryk ver verhewe bo die kortstondige nietige omstandighede op aarde wat die mens so belangrik ag. Word die belangrikheid van die mens se bestaan, nie juis gesetel daarin, dat ons op aarde is vir God, en nie vir onsself nie? Is dit nie so dat daar ‘n breuk onstaan het in die koninkryk van God nie, wat God graag herstel wil sien nie? Is dit nie die ware rede hoekom die mens geskape is nie? Nie vir ons eie selfsugtuge redes nie, maar om as dienaars op te tree, in die stryd tussen goed en kwaad nie?

God het satan uitgewerp uit Sy koninkryk – Openb 12:9. Dikwels word die vraag gevra of daar ander lewe in die heelal is. Die antwoord is onomwonde natuurlik, maar nie lewe soos wat ons dit ken nie!! As daar nie ander lewe in die heelal is nie, waar is die koninkryk van God dan? Want Sy koninkryk, is nie op aarde nie.  Want ons op aarde is huidig in die tydige lewe en nie in die ewige lewe nie. God is in die ewige lewe, daar waar Sy koninkryk is, en waarvan die wat Hom getrou ondersteun ook deel gaan word! Daar is sonder twyfel ‘n wêreld onsiende en onbewus deur die meeste van ons, want ons staar ons net vas aan die tydelike verganklike materialisme rondom ons.

God, wat Is, wie Se naam ons nie eers ken nie, het geweet dat daar ‘n sondeval sou wees, dat Hy Jesus sou moes stuur, omdat die mens nie die mas alleen sou opkom in die geveg teen die bose magte nie, dat daar ‘n groot verdrukking gaan kom, dat die einde van tyd, want dit is net huidig op aarde wat tyd ‘n faktor is, sal aanbreek, dat satan opgesluit gaan word, dat daar ‘n duisendjaar van vrede op aarde sal heers en dat mense geskei gaan word tussen of ewigheid of die tweede ewige dood. Die mens is al die dinge ook vooruit gesê, en Satan is ook vooraf gewaarsku, omdat die belangrikste aspek nie is wat hier op aarde gebeur nie, maar of God se koninkryk herstel gaan word - die breuk in Sy koninkryk wat deur die groot draak se afvalligheid veroorsaak is.  Die enigste invloed en reg wat die mens regtig  het, is net keuses. God het aan Abraham gesê Hy sal ‘n verbond oprig tussen hom(Abraham) en sy nageslag, maar hulle moes sy verbond hou. Maw die mens moes net die verbond hou, net glo en daarmee saam die liefde uitleef!! So eenvoudig was dit, en so eenvoudig is dit vandag nog.

Dit is hoekom dominees die mees belangrikste en edel beroep op aarde het. Dit is om die mensdom te kry om te glo en vertrou. Dat niks wat die mensdom as belangrik sien betreffende die aarde van enige belang is nie. Nie die kar wat jy ry nie, nie jou beroep, hoe briljant jy ookal is nie, nie wat jy vir armes doen nie, alhoewel dit nader aan die waarheid is, dat alles wat ons op aarde doen rondom die materialisme, niks beteken, as ons nie ons Hemelse Vader net glo en vertrou nie!! Mense hef hul beroepe, hul sportprestasies, hul kinders, hul drome, hul lewens op, ten koste van wat? Ten koste van Ewigheid? Ek hoor soveel keer dat mense sê, en ook dat daar vir mense gesê word, hulle het net een lewe, daarvan moet die beste gemaak word. Intussen is ons huidig nie in lewe nie, maar is in die dood, en net ons Hemelse Vader kan ons red uit die dood, en ons die ewigheid laat be-erwe. Om daarvoor te kwalifiseer moet ons egter reg kies!!

Die doel van die mens is om deel uit te maak van God se raadsplan om Sy koninkryk herstel te kry, en die wat glo en vertrou en Hom ondersteun, sal ingenooi word in die koninkryk van God. Maar die verskil is, mense moet regtig glo dat daar ‘n God is, en nie onder die waan verkeer dat God ver verwyderd is, onbetrokke is, en net sit en wag vir ons om eendag ons opwagting te maak en Hy moet intussen voldoen aan ons verwagtinge en wil nie. Mense vra so baie van ons Hemelse Vader, ipv te doen vir Hom. Hy het uitgespel wat ons moet doen om Sy koninkryk te be-erwe. Dit berus mos nou by ons om te doen soos Hy voorgeskryf het, en die keuse by ons gelaat het. Ons kan mos nie verwag dat Hy ook nou nog moet sorg dat ons in Sy koninkryk kom nie? Ons moet kies!!

Mat 4:8 Weer neem die duiwel Hom saam na ‘n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid,

Mat 4:9  en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid.

Jesus is blootgetel aan die duiwel se verleiding!! Soos bo aangedui. Natuurlik word die mens ook verlei, en hoeveel van ons land in sy strik? Is dit die van ons wat so jaag agter materialisme aan?

Dit is daar waar ek glo die punt gemis word. Ons verantwoordelikheid is teenoor onsself om Sy koninkryk te be-erwe. Nie die skuld gee aan alles en almal behalwe onsself nie. Die mens soek geluk en vrede en voorspoed, en liefde en heilsaamheid, nie in ewigheid nie, maar op aarde, en dit is waarom ek wonder of die mens homself nie te belangrik ag nie. So belangrik, dat daar nie tyd of plek is vir enigiets in hul lewe behalwe hul eie behoeftes nie.

 

Dit kom voor asof mense geensins besef hoe tydig en leeg die huidige lewe is, en hoe nikseggend dit is, indien daar nie met volle opregtheid geglo en vertrou word nie. Om bereid te wees om alles op te gee, en te vertrou en glo, ongesiens ongestoord, met vastighed  glo en net daaraan vashou, dan maak hartseer, ongelukkigheid, afguns en al die normale daaglikse versugtinge nie meer soveel saak nie, en word dit wat as onoorkoomlike swarigheid, en probleme ervaar word, baie makliker hanteer. Dit is die verskil wat die verkryging van ewigheid in vergelyking met die tydige, beteken.

Wat ongetwyfeld waar is, is dat die tyd en gebeure, alles op aarde vooruit bepaal is deur God. Dat niks wat ons doen en beplan om die aarde enigsins te verbeter of te verander, vir ons enige waarde het nie. Dit staan so geskrywe, en dit maak my baie benoud omdat daar soveel mense is wat eintlik regtig onbewus is van wat regtig besig is om te gebeur, en die tyd van die einde is so bitter naby - Opn 2:10  En hy het vir my gesê: Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby.

Opn 22:11  Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.

Opn 22:12  En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.

Opn 22:13  Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste.

Opn 22:14  Salig is die wat Sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.

Waarmee is die mens regtig besig? Ek wonder.

Write comment (0 Comments)

Waarheen vlug Ons?

Verlede week het ek ‘n aanbieding bygewoon wat gehandel het oor tegnologiese ontwikkeling in die virtuele markte.

Persoonlik was ek geweldig beindruk met dit wat ek gesien en gehoor het, in so ‘n mate dat ek eintlik verwonderd was, en so ook die res van die vergadering.  Natuurlik was almal baie opgewonde oor die tegnologie, omdat dit absoluut aan ons behoeftes kon voldoen plus nog baie meer, meer as waaraan ons kon dink.

Oppad terug van die vergadering af, terwyl ek deur die snelweg verkeer wroeg op ‘n slakkegang, kom dit by my op hoe verwonderd die mense in die vergadering en myself was, oor die tegnologiese wonders wat besig is om voor ons te ontplooi. En net daar tref dit my tussen die oë, oor hoe verwonderd ons was, en wat in Openbaring 13:3 staan! -  En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.      Opn 13:4  En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?

Verwondering of te wel die betekenis daarvan, is voor Openbaring 13:3, toegeken net aan Jesus, sien Mat9:8, Mat 21:20, Mat 22:22, Mar 5:20,  Mar 6:6,  Mar 6:51, Mar 12:17, Mar 15:44, Luk 1:21, Luk 1:63, Luk 2:18,  Luk 4:22, Luk 7:9, Luk 8:25, Luk 9:43, Luk 20:26, Joh 5:20, Hnd 3:12, Hnd 4:13 en Hnd 13:41.

Dan volg Openbaring 13:3 wat uitspel dat die wêreld verwonderd agter die dier sal aangaan. Dit is net weereens bewys daarvan van hoe korrek en presies ons Hemelse Vader se Woord is en dat Die Bybel, die Woord van God, net nie geignoreer kan word nie, en dat Sy Woord letterlik opgeneem moet word, want wat Hy vir ons daarin sê, gebeur presies soos Hy vir ons dit daarin uitgespel het. Lankal vooruit vir ons gesê.

Kan daar nog enigsins getwyfel word dat ons nou in die einde van die dae lewe, dat die tyd van die einde naby is.

Wat is die rol wat tegnologie gaan speel om die wêreld verwonderd te maak, en hoe maklik gaan dit nie wees vir een persoon om die tegnologie te gebruik, om die wêreld verwonderd agter hom te laat aangaan nie?

Dit laat my wonder hoeveel van ons heg waarde aan die waarskuwings in Die Woord, en is bereid om daarvolgens te handel en op te tree. In Mat 24:11, 12, 13 en 14, maar dan veral Mat24:15 en 16 en die res moet opgelet word. Dit is duidelike waarskuwings aan ons vir die dae waarin ons nou verkeer en wat gaan volg. Die gebeure word deur Daniël uitgespel, in Mattheus bevestig en in Openbaring uitgebrei.

Mat 24:16 meld uitdruklik - dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; Die vraag ontstaan onwillekeurig, wie skenk aandag aan die waarskuwings, en wat doen die, wat aandag aan die waarskuwings skenk, daaraan? Dit is tog logies dat wanneer die tyd aanbreek om na die berge te vlug, mens daarop voorbereid moet wees om te kan vlug?? Is dit nie logies nie? Hoe kan daar in die berge ingevlug word, sonder dat daar voorsiening gemaak word vir kos, water en basiese behoeftes? Daarom is my versugting dan ons moet oplet  soos in Mat 24:15 vir ons gesê word en moet doen soos in          Mat 24:16 vir ons gesê word. Laat ons tog nie ten gronde gaan weens gebrek aan kennis nie.

Die tyd is nou, om te begin voorsiening maak om te kan vlug, sodra daardie tyd aanbreek. Daar is baie goeie redes hoekom ons moet vlug, waarvan die grootste rede is dat ons nie ons Hemelse Vader se grimmigheid wil ervaar nie!! Dink net aan die kwaai en bose swere wat toegedien gaan word – Openbaring 16:2 en dan ook die waarskuwing in Opn 18:4  En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.  Dit is duidelik dat ons moet uitkom onder hierdie dinge en na die berge moet vlug, sodat ons nie van die plae ontvang nie. Daar gaan ontsettende siektes en plae aan die orde van die dag wees. Dit gaan onmoontlik wees om in daardie omstandighede te oorleef, net oor die plae en swere, wat nog van die situasie dat mens nie sal kan koop en verkoop nie, soos dit duidelik vir ons gesê word  in     Openbaring 13:7 sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.

Dit is wat vir ons wag, en dit is om die draai! Dit is die rede hoekom van ons besig is met die ontwikkeling van grond, net om te kan oorleef, soos daar vir ons gesê word om te doen!  Ons let op, ons luister en ons wil graag dit bekend maak aan almal wat wil luister en gehoorsaam wees. Kom maak saam met ons gereed, om wanneer die tyd aanbreek, na die berge te kan vlug, asseblief.

Write comment (0 Comments)

Die Huidige Aarde.

Ek het al baie gewonder oor wanneer die aarde geskep is in die huidge formaat, soos wat ons dit ken. Dit was vir my aanvaarbaar dat ons Hemelse Vader die aarde in ses dae geskep het, wat sesduidend jaar verteenwoordig. In ses dae is die aarde geskep en op die sewende dag het Vader gerus. In Bybelse terme is 'n dag soos 'n duisend jaar en andersom, daarom is die aarde vir my ses duidend jaar gelede geskep.

Ek het afgekom op die volgende uitsetting en verklaring van die skepping wat vir my baie sinvol is. Ek plaas die opsomming, met die hele uiteensetting daarna vir die wat dit meer in diepte wil ondersoek. Sien onder -

 

Conclusion

We have seen that Ussher had logical and historically valid reasons for arriving at the year, and even his proposed beginning date of creation.  When we defer to the Bible as our authoritative basis for the areas on which it touches, it will prove itself without fail.

Age of the Earth Event Scripture Date
0 Creation Genesis 1:1–31 4004 BC
130 Seth born when Adam was 130 Genesis 5:3 3874 BC
235 Enos born when Seth was 105 Genesis 5:6 3769 BC
325 Cainan born when Enos was 90 Genesis 5:9 3679 BC
395 Mahalaleel born when Cainan was 70 Genesis 5:12 3609 BC
460 Jared born when Mahalaleel was 65 Genesis 5:15 3544 BC
622 Enoc born when Jared was 162 Genesis 5:18 3382 BC
687 Methuselah born when Enoch was 65 Genesis 5:21 3317 BC
874 Lamech born when Methuselah was 187 Genesis 5:25 3130 BC
1056 Noah born when Lamech was 182 Genesis 5:28 2948 BC
1558 Shem born when Noah was 502 Genesis 11:10 2446 BC
1656 Flood when Noah was 600 Genesis 7:6 2348 BC
1658 Arphaxad born when Shem was 100 Genesis 11:10 2346 BC
1693 Salah born when Arphaxad was 35 Genesis 11:12 2311 BC
1723 Eber born when Salah was 30 Genesis 11:14 2281 BC
1758 Peleg born when Eber was 34 Genesis 11:16 2246 BC
1787 Reu born when Peleg was 30 Genesis 11:18 2217 BC
1819 Serug born when Reu was 32 Genesis 11:20 2185 BC
1849 Nahor born when Serug was 30 Genesis 11:22 2155 BC
1878 Terah born when Nahor was 29 Genesis 11:24 2126 BC
2008 Abraham born when Terah was 130 Genesis 11:3212:4 1996 BC
2083 Abraham enters Canaan at 75 Genesis 12:4 1921 BC
2513 Exodus of the Jews from Egypt (430 years of slavery) Exodus 12:40 1491 BC
3420 Last deportation of the Jews   584 BC
4000 Birth of Christ   4 BC
6000+ Our day   AD 2000+
1921 BC Abraham left Haran
(Genesis 12:10Exodo 12:40Galatians 3:17)
2,083 yrs.
430 years to the very day
1491 BC The Jewish Exodus
(1 Kings 6:1)
2,513 yrs.
479 years
(In the 480th year or after 479 years)
1012 BC Start of the Temple
(1 Kings 11:42)
2,992 yrs.
38 years
(Solomon reigns 40 years; Temple was started in his 4th year)
974 BC Jeroboam’s Golden Calves
(Ezekiel 4:4–6)
3,030 yrs.
 390 whole years 
584 BC The Final Deportation of the Jews 3,420 yrs.
Hence the Year of Creation = 584 + 3,420 = 4004 BC


___________________________________________________________________________________

The World: Born in 4004 BC?

Ussher and the Date of Creation

by Larry Pierce on April 28, 2006; last featured October 23, 2007

 

The age of the earth as described by James Ussher

The age of the earth is one of the most contentious issues in the creation/evolution debate. In today’s culture, the thought of creation occurring about 6,000 years ago is frequently mocked by non-Christians—and also by many Christians.

THE AGE OF THE EARTH IS ONE OF THE MOST CONTENTIOUS ISSUES IN THE CREATION/EVOLUTION DEBATE.

Even James Ussher (1581-1656), the famous and respected Archbishop of Ireland in the seventeenth century, is today greatly ridiculed for declaring that the world was created in 4004 BC.

However, this date was widely accepted until people began to believe in ideas such as billions of years of Earth history. In other words, they started trusting in the latest secular findings based on fallible dating methods, instead of the only absolutely reliable method—consulting the history book provided by the Eyewitness account (the infallible Word of God).

Ussher also argued that Day 1 of creation was October 23. On the surface, this does seem a bit extreme to suggest such a specific date—but when one studies what Ussher did, one quickly realizes he was a brilliant scholar who had very good reasons for his conclusions concerning the date of creation.

Studying Ussher’s line of thinking as he arrived at his conclusion—creation on October 23, 4004 BC—provides food for thought to this very day.

The Bible—The Basis for Ussher’s Work

One of Ussher’s many projects was to write a complete history of the world in Latin, covering every major event from the time of creation to AD 70. He published this 1,600-page volume in 1650. An English translation entitled The Annals of the World was first published in 1658, two years after his death. (The complete work is fascinating. It has recently been translated into modern English and republished.1)

In preparing this work, Ussher first made the assumption that the Bible is the only reliable source of chronological information for the time periods covered therein. In fact, before the Persian Empire (approximately the sixth to third centuries BC) very little is known from any source about Greek, Roman and Egyptian history or the history of other nations; much rests on speculation and myths. Dates in secular history become more certain with the founding of the Medo-Persian Empire.

For events before this time, Ussher relied solely on data from the Bible to erect his historical framework. He chose the death of King Nebuchadnezzar as a reliable date upon which to anchor all the earlier biblical dates. Working meticulously backward from there, he ended up with his date for creation of October 23, 4004 BC.

How Ussher Arrived at the Year of Creation

Who is Ussher?

Archbishop James Ussher was a highly educated and well-respected historian who devoted his life to defending the Christian faith. Ussher meticulously researched the secular accounts of history and found that the Bible correlated with them. Ussher dedicated several years of his life to compiling a history of the world from creation to AD 70.

He was also...

  • a well-respected scholar and theologian

  • ordained as a priest in the Anglican church at 20

  • a great academic, earning his doctorate at 26

  • a meticulous researcher

  • one of history's most famous historians

  • the author of the unparalleled historical work The Annals of the World

  • buried in Westminster Abbey

    Now you ask: How did he get 4004 BC?

    Answer: He used the chronologies in the Hebrew text of Genesis 5 and 11, together with other Bible passages that we will consider. To simplify the calculations, Ussher ties the chronology to the final deportation of Judah in 584 BC. His detailed calculations cover over 100 pages in the original document.

    How Ussher Arrived at Day 1 of Creation

    Nowhere in your Bible does it say that the day of creation was October 23. Because the Jews and many other ancient peoples started their year in the autumn, Ussher assumed there must be a good reason for it. He therefore concluded that God created the world in the autumn. After consulting astronomical tables, he picked the first Sunday on or after the autumnal equinox to begin the year 4004 BC.

    But the equinox occurs around September 21, not October 23. At least, it does now, thanks to some juggling of the calendar. In his research Ussher found that the ancient Jews and the Egyptians did not use the orbit of the moon (lunar calendar) as the basis for their year. Instead, their year was made up of twelve months, each thirty days long. At the end of their year they tacked on five days, and every fourth year they added six days. However, a year of 365 days is too short, and one of exactly 365.25 days is too long. They had to drop days from it every now and then to keep the seasons from drifting.

    When Julius Caesar reformed the calendar, he adopted basically the same system we now use, with twelve months of various lengths. However, even with his reforms, the seasons began to drift. By the 1700s the English calendar was off by eleven days. On September 2, 1752, eleven days were dropped from the English calendar to make the seasons start when they were supposed to. Another day was dropped in 1800 and again in 1900. These years would normally have been leap years, but instead were made normal years to keep the calendar in line. Today we use the Gregorian calendar, which is a refinement of the Julian calendar.

    Before Julius Caesar’s reform, no correcting adjustments were made to the calendar. When we consider the four thousand years between Caesar’s time and the time of creation, almost thirty-two days have to be dropped to make the seasons start when they should. By making these adjustments, Ussher arrived at the date of October 23, not September 21. However, when the Gregorian calendar corrections are applied to the Julian date of October 23, 4004 BC, we get the Gregorian date September 21, 4004 BC, which is the normal day for the autumnal equinox.

    Was Ussher Correct?

    Is there any way that we can verify Ussher’s date for creation? There is a passage in Amos that is quite interesting. Around 800 BC Amos made the following prediction in Amos 8:9–10 (NKJV)And it shall come to pass in that day, says the Lord GOD, that I will make the sun go down at noon, and I will darken the earth in broad daylight; I will turn your feasts into mourning, and all your songs into lamentation; I will bring sackcloth on every waist, and baldness on every head; I will make it like mourning for an only son, and its end like a bitter day.

    Was Ussher a Dunce?

    In a publication produced by progressive creationist Dr. Hugh Ross (who promotes the big bang, a local Flood, and age of the earth of millions of years and nonliteral days of creation, etc.), a cartoon mocks Archbishop Ussher. It characterized him as a "dunce" because he proposed that God created the universe around 6,000 years ago, and the days of creation were literal days. But was he a dunce as Dr. Ross portrays?

    Many contend that the ancient Jews used a lunar calendar before the Babylonian captivity. If this is so, then Jewish feasts such as the Feast of Pentecost, the Feast of Unleavened Bread and the Feast of Tabernacles would occur about the middle of the month around a full moon. You can never get a solar eclipse when the moon is full! A lunar calendar would make the seasons drift by up to 30 days. Since the Levitical system was based on the agricultural cycle, you could very easily end up, in some years, celebrating the Feast of First Fruits after the entire crop had been harvested. At the other extreme, you might hold the feast before any crop was ready to harvest, which really makes a mockery of the feast. In order for this feast system to work reliably, you must follow the solar year so that the seasons start when they are supposed to and harvests occur about the same time each year.

    Ussher states on page 9 in the preface of his Annals of the World, “Moreover, we find that the years of our forefathers, the years of the ancient Egyptians and Hebrews, were the same length as the Julian year. It consisted of twelve months containing thirty days each. (It cannot be proven that the Hebrews used lunar months before the Babylonian captivity.) Five days were added after the twelfth month each year. Every four years, six days were added after the twelfth month.”2

    The testimony of so many ancient writers seems to confirm the antiquity (extreme age) of the use of the Julian year—that is, three hundred and sixty-five days with the addition of one extra day every four years. Hence, Ussher had very good reasons for selecting the length of the year that he did. In fact, modern scholarship recognizes this. In 1940 W. G. Waddell translated the works of Manetho, an Egyptian priest of the third century BC, and has the following translation for a portion of the work: “Saites added 12 hours to the month, to make its length 30 days; he added 6 days to the year, which thus comprised of 365 days.”3

    On this passage Waddell has the following footnote: “The addition of 5 days (not 6 as above) to the short year of 360 days was made long before the Hyksos age: it goes back to at least the Pyramid Age and probably earlier. The introduction of the calendar, making an artificial reconciliation of lunar and solar years, perhaps as early as 4236 BC, is believed to give the earliest fixed date of human history.”4

    What the writer is saying is that the calendar, which we now attribute to Julius Caesar, is of very early origin, and it likely dates back to the beginning of civilization. Ussher agrees and, by using the Bible, arrives at the date of 4004 BC for the beginning of civilization, not 4236 BC. (The point being made is that both agreed on the length of the year and that the Julian year is of great antiquity.)

    Conclusion

    We have seen that Ussher had logical and historically valid reasons for arriving at the year, and even his proposed beginning date of creation. When we defer to the Bible as our authoritative basis for the areas on which it touches, it will prove itself without fail.

Age of the Earth Event Scripture Date
0 Creation Genesis 1:1–31 4004 BC
130 Seth born when Adam was 130 Genesis 5:3 3874 BC
235 Enos born when Seth was 105 Genesis 5:6 3769 BC
325 Cainan born when Enos was 90 Genesis 5:9 3679 BC
395 Mahalaleel born when Cainan was 70 Genesis 5:12 3609 BC
460 Jared born when Mahalaleel was 65 Genesis 5:15 3544 BC
622 Enoc born when Jared was 162 Genesis 5:18 3382 BC
687 Methuselah born when Enoch was 65 Genesis 5:21 3317 BC
874 Lamech born when Methuselah was 187 Genesis 5:25 3130 BC
1056 Noah born when Lamech was 182 Genesis 5:28 2948 BC
1558 Shem born when Noah was 502 Genesis 11:10 2446 BC
1656 Flood when Noah was 600 Genesis 7:6 2348 BC
1658 Arphaxad born when Shem was 100 Genesis 11:10 2346 BC
1693 Salah born when Arphaxad was 35 Genesis 11:12 2311 BC
1723 Eber born when Salah was 30 Genesis 11:14 2281 BC
1758 Peleg born when Eber was 34 Genesis 11:16 2246 BC
1787 Reu born when Peleg was 30 Genesis 11:18 2217 BC
1819 Serug born when Reu was 32 Genesis 11:20 2185 BC
1849 Nahor born when Serug was 30 Genesis 11:22 2155 BC
1878 Terah born when Nahor was 29 Genesis 11:24 2126 BC
2008 Abraham born when Terah was 130 Genesis 11:3212:4 1996 BC
2083 Abraham enters Canaan at 75 Genesis 12:4 1921 BC
2513 Exodus of the Jews from Egypt (430 years of slavery) Exodus 12:40 1491 BC
3420 Last deportation of the Jews   584 BC
4000 Birth of Christ   4 BC
6000+ Our day   AD 2000+
1921 BC Abraham left Haran
(Genesis 12:10Exodo 12:40Galatians 3:17)
2,083 yrs.
430 years to the very day
1491 BC The Jewish Exodus
(1 Kings 6:1)
2,513 yrs.
479 years
(In the 480th year or after 479 years)
1012 BC Start of the Temple
(1 Kings 11:42)
2,992 yrs.
38 years
(Solomon reigns 40 years; Temple was started in his 4th year)
974 BC Jeroboam’s Golden Calves
(Ezekiel 4:4–6)
3,030 yrs.
 390 whole years 
584 BC The Final Deportation of the Jews 3,420 yrs.
Hence the Year of Creation = 584 + 3,420 = 4004 BC
In addition to the chronologies given in Genesis 5 and 11, Ussher used other large periods of time given in several places in the Bible. Below are these large periods of time that Ussher used in his calculations—without going into all the intermediate details as he did.
Write comment (0 Comments)

Wanneer is die Eindtyd?

Ek wonder al ‘n geruime tyd of dit moontlik is om die einde van dae wiskundig te kan bepaal. Ek weet ek stel myself bloot aan baie kritiek en seker selfs aan veroordeling, deur selfs net hieraan te dink, wat nog van probeer bereken.

Almal weet dat Vader vir ons sê in Mat-24:36  Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen. Dit is opvallend dat Vader net praat van die dag en datum, maar niks sê van die maand en jaar, soos Hy baie pertinent aandui in, Openbaring-9:15  Toe is die vier engele losgemaak wat gereed gehou was vir die uur en dag en maand en jaar, om ‘n derde van die mense dood te maak, nie. Beteken dit dat ons die dag en uur nie sal weet nie, maar moontlik die maand en jaar?

Die berekeninge wat ek hieronder gedoen het, probeer ek nie mee roem dat dit korrek en waar en juis is nie, maar dat die volgende bevindinge aanleiding gegee het tot my denkrigting:

1.Soos Vader se woord aandui, is die wêreld soos dit huidig daar uitsien in ses dae geskep, en soos deur baie kundiges uitgewys word, verteenwoordig die ses dae, sesduisend jaar.

2.Soos aangedui verteenwoordig die sewende dag die Sabbat of die dag van rus, wat die sewende dag of andersins die duisend jaar van vrede verteenwoordig, nog ‘n veronderstelling.

3.Die groot verwagting dus, was dat die einde van dae, met die aanbreek van die jaar 2000 wat sesduisend jaar na die skepping is, sou plaasvind. Ses dae die skepping en een dag van rus.

4.Bogenoemde klink heel logies, en Skriftuurlik korrek. Hoekom het dit nie plaasgevind nie?

Dit is bekend dat Jesus ongeveer 33 jaar oud geword het. Kan dit moontlik wees omdat daar deurentyd na die tydperke van Jesus, verwys word as na vC en nC, dat die tydperk van 33 jaar van Jesus se lewe nie werklik in berekening gebring is nie? Kan dit beteken dat die jaar 2000 wat as die einde van dae beskou was, nie eintlik die jaar 2033 is nie? Is dit moontlik?

Verder dui Vader vir ons aan in Daniël 2:28 tot 31, dat die beeld waaroor Nebukadneser gedroom het, ‘n mens voorstel, met ‘n kop, bors, arms, bene, voete, en tone. Dit het my opgeval dat sou die beeld ‘n mens voorstel, wat ‘n eenheid van 100 verteenwoordig, en die ledemate van die beeld is gelykstaande aan sekere tydperke, en die beeld verteenwoordig die tydperk vanf 604 vC tot 2033 en die ledemate verteenwoordig koninkryke, en is gelykstaande aan die jaar 2000 plus die tydperk van Jesus se lewe op aarde van 33 jaar, dan kan mens die ledemate opdeel en aan elke ledemaat ‘n tydsduur koppel, en dit wiskundig bereken. Dit kan bevestig word deur die antwoord te meet aan wat deur die geskiedenis bewys word, van hoelank die tydperk van die hoof bv geduur het, ens. Sien Beeld hieronder.

Die berekeninge het my by die volgende gebring:

Die totaal van die jare soos per ledemaat bereken is 2637 jaar vanaf die hoof van die beeld, wat die tydperk van Nebukadneser verteenwoordig, tot en met die tone wat die tien unies behoort te verteenwoordig. Trek mens die 604 vC af van die totaal van 2637 kom mens by die jaartal 2033 uit, wat soos dit vir my blyk, ‘n jaartal van veelseggendheid te wees. Sien berekeninge hieronder -

Die Berekening van die Tydperk strek oor 2637 Jaar - van 604 v.C Tot die Jaar 2033

Ledemaat Jare wat beeld voorstel Vanaf tydperk 604 vC tot 2033. Persentasie wat ledemate verteenwoordig van 100% van die liggaam.

2637

100

Kop 66 604 vC tot 538vC 2.515243902 % 66
Bors en Arms 205 538vC tot 333vC 7.8125 % 205
Buik en Lende 271 333vC tot 62 v.C. 10.3277439 % 271
Bene 2017 62vC tot 476 A.D + 476 n.C. tot 1955 n.C.  76.86737805 % 2017
Voete 71 1955 tot 2026 2.210365854 % 71
Tone 7 2026 tot 2033 0.266768293 % 7
         
  2637   Totaal       100 2637
         
                         2637  
                         -604  
       Eindtyd    2033  

 

Daar is oor die algemeen baie meer ooreenstemming tussen mense, dat die tyd van die einde binnekort gaan aanbreek. Die oorbenutting van noodsaaklike hulpbronne en die oorbevolking van die mensdom dui op sigself daarop dat die aarde afstuur op ‘n katastrofe. Ons hoef ons egter nie net op die natuurlike verloop van wêreldgebeure te verlaat om die einde van tyd te verwag nie. Die woord van Vader spel die tyd van die einde baie duidelik uit vir ons. Dit is ook veelseggend dat die “Global Goal” wat die strewe na eengesingheid bevorder se doelwit datum 2030 is. http://www.globalgoals.org/

Die voorafgaande berekeninge  is aangepak omdat ek geprikkel was oor die tydperke betrokke en die moontlikheid dat die Eindtyd moontlik wiskundig bereken kon word. Ek vertrou dat die poging deur u in dieselfde lig gesien sal word. My wiskunde is nie veel om op te roem nie, so elkeen is welkom om die te ondersoek en u menig te lig daaroor. Vrede!!

Write comment (0 Comments)

UFO’s

Ons moet in gedagte hou dat daar huidig 'n koninkryk is waar God regeer. Dit is 'n koninkryk wat gevorderd ver vehewe bo enigeen van ons se denkkrag. Hoe gereeld word die aarde nie besoek vanaf God se koninkryk nie, en hoe? 

Daar word groot gewag gemaak van “UFO’s” en word as onheilspellend beskou, maar daar is genoeg bewyse in Die Skrif, dat wesens en vreemde vaartuie wel bestaan.

Lank voordat die woord “UFO” gebruik is, is daar al in die Bybel verwys na vreemde vaartuie, soos in Esegiël, sien uittreksels hieronder. Mens moet verstaan dat iemand, wat onbewus is van vreemde vaartuie en wesens, en dan een sien,  dit moeilik gaan vind om gevorderde vaartuie te kan beskryf, met die gebrekkige kennis van mense, gedurende die tyd van Esegiël. Sien Esegiël se verduideliking hieronder. Dit is duidelik ‘n hoogs gevorderde vaartuig wat hy sien, en hy maak ook melding van ander wesens!!!

Ons moet in gedagte hou dat ons deel van ‘n kosmos is, en dat daardie kosmos vir altyd sal bestaan. Die aarde is soos in ‘n klein lugborreltjie, omring deur ewigheid. Dit is net ons op aarde wat aan tyd gekoppel is. Ons moet ook verstaan om in ewigheid te kan bestaan ‘n spesiale  liggaamstruktuur verg. Dit word ook in die Bybel aan ons uitgewys dat die mens ook ‘n verheerlikte liggaam sal verkry. – sien Markus 16:11, verwys na ‘n ander gedaante. Ook Phillipense 3:21 verwys na verheerlikte liggaam.

In ‘n verheerlikte liggaam kan mens vinniger beweeg as normaal, maar om in die kosmos rond te kan beweeg, verg ‘n vaartuig wat teen duiselingwekkende spoed moet kan beweeg, om die geweldige afstande te kan aflê in ‘n kort tydperk. Sien ook by Jesus se graf, die beskrywing van die engel wat die klip weggerol het. Hy kom aan soos ‘n aardbewing, en beweeg soos weerlig.

Dan ook die Betlehem ster bv soos in Matt 2:9. Die ster gaan voor hulle uit. Dit is ‘n vaartuig of eerder moet ‘n vaartuig wees, maar al hoe die manne van daardie tyd dit kan beskou en kan beskryf, is as ‘n lig, of ster!!

Hierbo is paar verwysings in die Bybel, wat huidig deur die mens as UFO en ruimte wesens beskou of eerder genoem word. Indien die inligting nie in die Bybel beskikbaar was nie, sou ek ook sulke gebeurlikhede as "UFO’s” beskou het. Die logiese is eerder dat die wesens, arbeiders in ons Hemelse Vader se koningkryk is. Sy koningkryk wat die hele heelal verteenwoordig. Ons gaan ongelooflik verras wees met wat buite ons denkvermoë, rondom ons aan die gang is. Ons vervul ‘n baie klein rolletjie in die aardse bestel en is maar baie nietig. Die mens is glad nie so belangrik, soos wat die meeste hulsef probeer wysmaak nie.

Die mens het hierdie siening van homself, dat alles om hul draai, maar dit word duidelik gemaak, dat ons egter deel uitmaak van ‘n groot geveg, en daardie geveg is teen die bose geeste in die lug. Daar is magte, geweldige magte, wat vir die meeste mense totaal sinloos is, en hul staan totaal onbetrokke en onbelangstellend teenoor wat eintlik van hul verwag word.

Ons dien ‘n magtige God, wat deur baie mense as ‘n speelbal beskou word!! Ons dien ‘n Vader, waarvan ons feitlik geen benul het nie, ons ken nie eers Sy Naam nie!!! Openb 19:12 

Dit is vir my heeltemaal logies en aanvaarbaar dat daar ander wesens en vaartuie, om en rondom ons is. Doodeenvoudig omdat ons Vader in Sy Woord, dit lankal vir ons vooruit gesê het.

Hier volg uittreksels vanuit die Bybel:

Eze 1:4  Toe het ek gekyk—en daar het ‘n stormwind uit die noorde gekom, ‘n groot wolk met onophoudelike vuur; en ‘n glans was rondom die wolk, en daaruit, uit die vuur, het iets soos blinkende metaal geskitter.

Eze 1:5  En daaruit het die gestalte van vier wesens gekom, en dit was hulle voorkoms: hulle het die gestalte van ‘n mens gehad;

Eze 1:6  en elkeen het vier aangesigte gehad en elkeen van hulle vier vlerke;

Mat_2:9  En nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek. En kyk, die ster wat hulle in die Ooste gesien het, gaan voor hulle uit totdat hy kom en bly staan bo-oor die plek waar die Kindjie was.

Mat_2:10  En toe hulle die ster sien, het hulle hul met baie groot blydskap verheug.

Mat 28:2  En daar kom ‘n groot aardbewing, want ‘n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit.

Mat 28:3  En sy gedaante was soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu.

Mar 16:12  En hierna het Hy in ‘n ander gedaante verskyn aan twee van hulle terwyl hulle loop, op pad in die veld.

Mar 16:13  Hulle het ook gegaan en dit aan die ander vertel, maar dié het hulle ook nie geglo nie.

Mar 16:14  Later het Hy aan die elf self verskyn toe hulle aan tafel was, en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt, omdat hulle die wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie.

Php 3:21  wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.

Eph_6:12  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

 

Write comment (3 Comments)

Outoriteit om te heers oor die Vrou (huis):

Ons Hemelse Vader het die opdrag baie direk en baie duidelik gegee, dat die man die hoof is van die vrou.

1Ko 11:3  Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus. Gén 3:16 Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers.

Bogenoemde volgorde is soos die skakels van ‘n ketting, en ‘n ketting is net so sterk as sy swakste skakel. Deur die verloop van tyd is die skakel verswak, inderwaarheid verbreek, deur die leuen van die wêreld, die leuen wat voorspoed, rykdom, menseregte, gelykheid ens verkondig. Die gevolg van die leuen is lynreg verantwoordelik dat die opdrag van ons Vader nie meer uitgevoer word nie. Dit is kommerwekkend dat Vader se opdrag so verontagsaam word en dat die nie-nakoming van Sy opdrag so aanvaarbaar geraak het vir die hedendaagse mens. Daar is versagtende omstandighede, wat veroorsaak dat die man nie meer die alleen broodwinner is nie, en dit is ook al algemeen dat heelwat vroue meer aan inkomste verdien as die man. Dit beteken egter nie dat ons Hemelse Vader se opdrag verontagsaam of geignoreer kan word nie. Die opdrag is duidelik, die man is hoof van die huis, en so moet dit wees. Hierdie swak skakel in DIE KETTING moet herstel word!

Die rede hoekom ek hierdie aanraak, het niks uit te maak met manlike chauvinisme nie, maar slegs omrede die ongehoorsaamheid waaraan meeste hulself deesdae aan skuldig maak, onaanvaarbaar is in terme van Die Skrif, en ek glo uit my hart dat dit redelik maklik reggestel kan word, en druk dit op my hart om my deel te doen, om gehoorsaamheid te probeer bewerkstellig.

Die opdrag is eenvoudig, die man is hoof van die vrou (huis). Die vraag is wat moet die man doen om die outoriteit te regverdig. Logika maak dit duidelik dat die man die outoriteit aan hom verleen, moet verdien en uitleef. Wat behels die outoriteit dus, het ek heelwat oor gewonder, en moet ek sonder verwyt, dit stel dat ek daarvoor waardering sou gehad het indien daar iets soos ‘n vak opskool was, of meer uitgebreid deur opvoeders, of wie ookal, meer klem kon gelê kon word, op die outoriteit en die verantwoordelikheid van die man.

Die Skrif is egter so omvattend, selfverduidelikend en die enigste ware maatstaf wat vertrou kan word, dat ek dit slegs nodig ag, om uit die Skrif,  ‘n samevattende lys van lewensreëls, soos deur ons Vader bepaal bymekaar te voeg, en my verwagting is, deur die reëls na te kom, die man die outoriteit sal verwerf wat hom instaat sal stel om hoof van die vrou te kan wees. Die enigste vereiste aan die man is, om die reëls self na te kom, uit te leef, te respekteer en uit te voer. Deur die reëls te leef, sal die man soveel respek afdwing by sy vrou, dat daar geen ruimte sal wees vir enige ongehoorsaamheid, ten opsigte van die opdrag van ons Vader nie.

Hierdie kan as ‘n soort van handleiding dien, van hoe ‘n man kan kwalifiseer om as hoof van die huis gereken te word. Daar is heelwat wat bygevoeg kan word, en dit staan enigeen vry om nog punte by te voeg.

Handleiding – Reëls vir die man om na te kom, wat hom sal laat kwalifiseer as hoof van die Vrou:

Spr 1:7 Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.

Spr 1:10 My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie;

Spr 1:33 maar die wat na my luister, sal veilig woon en gerus wees teen die skrik vir die onheil.

Spr 2:1 My seun, as jy my woorde aanneem en my gebooie by jou bewaar,

Spr 2:2 sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand;

Spr 2:3 ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef,

Spr 2:4 as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte,

Spr 2:5 dan sal jy die vrees van die HERE verstaan en die kennis van God vind

Spr 2:6 (want die HERE gee wysheid, uit sy mond kom kennis en verstand,

Spr 3:1  My seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar;

Spr 3:2  want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder.

Spr 3:3  Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart,

Spr 3:4  dan sal jy genade vind en ‘n goeie insig in die oë van God en die mense.

Spr 3:5  Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.

Spr 3:6  Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.

Spr 3:7  Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die HERE, en wyk af van die kwaad;

Spr 3:8  dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.

Spr 3:9  Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;

Spr 3:10  dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.

Spr 3:11  My seun, verag die tug van die HERE nie, en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie,

Spr 3:12  want die HERE tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos ‘n vader die seun in wie hy behae het.

Spr 3:13  Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry;

Spr 3:14  want die verkryging daarvan is beter as dié van silwer, en die verwerwing daarvan beter as van goud;

Spr 3:27  Hou ‘n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie.

Spr 3:28  Sê nie vir jou naaste nie: Gaan en kom terug, dan sal ek môre gee—terwyl jy dit het.

Spr 3:29  Bewerk geen onheil teen jou naaste terwyl hy vol vertroue by jou woon nie.

Spr 3:30  Twis nie sonder oorsaak met ‘n mens as hy jou geen kwaad gedoen het nie.

Spr 3:31  Wees nie afgunstig op ‘n man van geweld en verkies geeneen van sy weë nie.

Spr 3:32  Want die verkeerde is vir die HERE ‘n gruwel, maar sy verborgenheid is met die opregtes.

Spr 3:33  Die vloek van die HERE is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges.

Spr 3:35  Die wyse sal eer beërwe, maar die dwase behaal skande.

Spr 4:5  Verkry wysheid, verkry insig; vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie:

Spr 4:6  verlaat dit nie, dan sal dit jou bewaar; kry dit lief, dan sal dit jou bewaak.

Spr 4:7  Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid en verwerf insig deur al wat jy besit.

Spr 4:8  Hou dit hoog, dan sal dit jou verhoog; dit sal jou eer as jy dit omhels.

Spr 4:9  Dit sal ‘n lieflike krans gee vir jou hoof, dit sal jou ‘n sierlike kroon verskaf.

Spr 4:10  Hoor, my seun, en neem my woorde aan; dan sal die lewensjare vir jou vermeerder word.

Spr 4:11  In die weg van die wysheid onderrig ek jou, ek laat jou die spore van opregtheid betree;

Spr 4:12  as jy loop, sal jou treë nie belemmer word nie, en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie.

Spr 4:13  Hou vas aan die tug, laat dit nie los nie; bewaar dit, want dit is jou lewe.

Spr 4:14  Kom nie op die pad van die goddelose en betree die weg van die slegtes nie.

Spr 4:15  Vermy dit, gaan nie daarop nie, wyk daarvan af en gaan verby;

Spr 4:16  want hulle kan nie slaap as hulle geen kwaad doen nie; en hulle slaap is weg as hulle nie tot ‘n val bring nie.

Spr 4:17  Want hulle eet brood van goddeloosheid en drink wyn van gewelddadigheid.

Spr 4:18  Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe,

Spr 4:24  Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe.

Spr 4:25 Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou.

Spr 4:26  Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees,

Spr 4:27  wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid.

Spr 5:1  My seun, luister na my wysheid, neig jou oor tot my insig,

Spr 5:2  dat jy volle oorleg kan behou en jou lippe kennis kan bewaar;

Spr 5:3  want die lippe van die vreemde vrou drup heuningstroop, en haar verhemelte is gladder as olie,

Spr 5:4  maar op die end is sy bitter soos wilde-als, soos ‘n swaard aan weerskante skerp.

Spr 5:5  Haar voete daal na die dood toe af, haar treë streef na die doderyk toe.

Spr 5:6  Dat sy die pad na die lewe nie sou inslaan nie, wankel haar gange sonder dat sy dit weet.

Spr 5:7  Luister dan nou na my, julle seuns, en wyk nie af van die woorde van my mond nie.

Spr 5:8  Hou jou weg ver van haar af, en kom nie naby die deur van haar huis nie,

Spr 5:9  sodat jy nie jou bloei aan ander gee en jou jare aan een wat onbarmhartig is nie;

Spr 5:10  sodat vreemdes hulle nie versadig met jou vermoë en jou moeitevolle arbeid in die huis van ‘n uitlander kom nie

Spr 5:18  Mag jou fontein geseënd wees, en verheug jou oor die vrou van jou jeug—

Spr 5:19  die lieflike wildsbokkie en aanvallige steenbokkie; laat haar boesem jou altyd vermaak, mag jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees.

Spr 5:20  Maar waarom sou jy, my seun, by ‘n vreemde bedwelmd raak en die boesem van ‘n ontugtige omhels?

Spr 6:6  Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë en word wys!

Spr 6:7  Hy wat geen aanvoerder, opsigter of heerser het nie,

Spr 6:8  maak sy brood klaar in die somer, bêre sy voedsel weg in die oestyd.

Spr 6:9  Hoe lank, luiaard, sal jy bly lê, wanneer sal jy opstaan uit jou slaap?

Spr 6:10  Nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer, nog ‘n bietjie hande-vou om uit te rus!

Spr 6:11  So kom dan jou armoede soos ‘n rondloper en jou gebrek soos ‘n gewapende man.

Spr 6:12  ‘n Deugniet, ‘n kwaaddoener is hy wat met ‘n valse mond rondloop,

Spr 6:13  wat met sy oë knip, met sy voete beduie, met sy vingers tekens gee;

Spr 6:14  in wie se hart valse streke is, wat altyd onheil bewerk en tweedrag saai.

Spr 6:15  Daarom sal sy ondergang skielik kom, onvoorsiens sal hy verbreek word sonder dat daar genesing voor is.

Spr 6:16  Hierdie ses dinge haat die HERE, en sewe is vir sy siel ‘n gruwel:

Spr 6:17  trotse oë, ‘n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet,

Spr 6:18  ‘n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop,

Spr 6:19  een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai.

Spr 6:20  Bewaar, my seun, die gebod van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;

Spr 6:21  bind dit gedurigdeur op jou hart, hang dit om jou hals;

Spr 6:22  mag dit jou lei as jy wandel, oor jou wag hou as jy slaap en jou toespreek as jy wakker word.

Spr 6:23  Want die gebod is ‘n lamp en die onderwysing ‘n lig en die teregwysinge van die tug ‘n weg tot die lewe,

Spr 6:24  om jou te bewaar vir ‘n slegte vrou, vir die gevlei van ‘n vreemde tong.

Spr 6:25  Begeer haar skoonheid nie in jou hart nie, en laat sy jou nie vang met haar ooglede nie;

Spr 6:26  want vir ‘n hoer verval ‘n mens tot ‘n stuk brood, en ‘n ander se vrou maak jag op ‘n kosbare lewe.

Spr 6:27  Kan iemand vuur in sy skoot dra sonder dat sy klere verbrand?

Spr 6:32  Hy wat owerspel pleeg, is sonder verstand; hy wat sy eie lewe wil verwoes, hy doen so iets;

Spr 6:33  slae en skande sal hy kry, en sy smaad sal nie uitgewis word nie;

Spr 6:34  want jaloersheid is ‘n toorngloed in ‘n man, en op die dag van wraak verskoon hy nie;

Spr 6:35  hy neem glad geen losprys in aanmerking nie, en hy willig nie in nie al maak jy die omkoopgeskenk nog so groot.

Spr 11:2  Kom die vermetelheid, dan kom die skande, maar by die beskeidenes is wysheid.

Spr 11:9  Deur die mond stort die roekelose sy naaste in die verderf, maar deur kennis word die regverdiges gered.

Spr 11:12  Die verstandelose verag sy naaste, maar ‘n verstandige man bly stil.

Spr 11:17  ‘n Man wat ‘n weldaad bewys, doen goed aan sy eie siel, maar ‘n wreedaard pynig sy eie vlees.

Spr 11:18  Die goddelose behaal oneerlike wins, maar hy wat geregtigheid saai, ‘n betroubare loon.

Spr 11:19  Ware geregtigheid lei tot die lewe, maar hy wat die kwaad najaag, jaag na sy dood.

Spr 11:28  Wie op sy rykdom vertrou, dié sal val; maar die regverdiges sal soos blare uitspruit.

Spr 11:29  Wie sy huis in beroering bring, sal wind erwe, en ‘n dwaas word ‘n slaaf van hom wat wys van hart is.

Spr 11:30  Die vrug van die regverdige is ‘n boom van die lewe, en hy wat siele win, is wys.

Spr 11:31  As die regverdige op aarde vergelding ontvang, hoeveel te meer die goddelose en die sondaar!

Spr 12:1  Een wat die tug liefhet, het kennis lief; maar wie die teregwysing haat, is dom.

Spr 12:2  Die goeie verkry ‘n welbehae van die HERE, maar Hy veroordeel ‘n slinkse man.

Spr 12:15  Die weg van ‘n dwaas is reg in sy eie oë, maar die wyse luister na raad.

Spr 12:16  Die dwaas laat sy drif op die daad bekend word, maar die skrandere verberg skande.

Spr 12:17  Hy wat die waarheid spreek, vertel wat reg is; maar ‘n valse getuie bedrog.

Spr 13:7  Daar is een wat hom ryk hou, en hy het glad niks nie; een wat hom arm hou, en hy het baie goed.

Spr 14:16  Die wyse vrees en wyk af van die kwaad, maar die dwaas bruis op en is vol selfvertroue.

Spr 14:17  Wie kortgebonde is, begaan sotheid; en ‘n slinkse man word gehaat.

Spr 14:30  ‘n Rustige hart is die lewe vir die vlees, maar hartstog ‘n verrotting vir die gebeente.

Spr 15:1  ‘n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar ‘n krenkende woord laat die toorn opkom.

Spr 15:2  Die tong van die wyse getuig van grondige kennis, maar die mond van die dwase laat sotheid uitborrel.

Spr 16:5  Elke hoogmoedige van hart is vir die HERE ‘n gruwel; sekerlik, hy sal nie ongestraf bly nie.

Spr 16:18  Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom voor die val.

Spr 16:19  Dit is beter om nederig van gees te wees saam met die ootmoediges as om buit te verdeel met die trotsaards.

Spr 16:20  Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind; en hy wat op die HERE vertrou, is gelukkig.

Spr 17:1  Beter is ‘n stuk droë brood en rus daarby as ‘n huis vol offermaaltye met getwis.

Spr 17:14  Die begin van ‘n onenigheid is soos water wat jy laat deurbreek; daarom, laat die twis vaar voordat dit losbreek.

Spr 17:23  Die goddelose neem ‘n omkoopgeskenk aan wat uit die boesem kom om die paaie van die reg te buig.

Spr 17:27  Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is ‘n man van verstand.

Spr 18:21  Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.

Spr 18:24  ‘n Man met baie vriende word geruïneer, maar daar is ‘n vriend wat sterker aanhang as ‘n broer.

Spr 19:22  Die kostelike besit van ‘n mens is sy weldadigheid; en liewer ‘n arme as ‘n leuenagtige man.

Spr 20:1  Die wyn is ‘n spotter, en sterk drank ‘n lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie.

Spr 20:14  Sleg, sleg! sê die koper; maar as hy wegloop, beroem hy hom.

Spr 21:6  Die verwerwing van skatte deur ‘n valse tong is ‘n verwaaide asem—dodelike valstrikke.

Spr 21:17  Wie van vrolikheid hou, is ‘n man van gebrek; hy wat van wyn en olie hou, sal nie ryk word nie.

Spr 22:7  Die ryke heers oor die armes, en hy wat leen, is ‘n slaaf van die man wat uitleen.

Spr 22:8  Wie onreg saai, sal onheil maai; en die stok van sy grimmigheid sal verdwyn.

Spr 22:9  Wie vriendelik is, hy word geseën, omdat hy van sy brood aan die arme gee.

Spr 22:10  Dryf die spotter weg, dan gaan die twis weg; en die stryery en die geskimp hou op.

Spr 22:11  Hy wat reinheid van hart liefhet, wie se lippe aangenaam is—die koning is sy vriend.

Spr 25:17  Sit jou voet selde in jou naaste se huis, sodat hy nie van jou genoeg kry en jou haat nie.

Spr 25:21  As jou vyand honger het, gee hom brood om te eet; en as hy dors het, gee hom water om te drink.

Spr 26:11  Soos ‘n hond wat na sy uitbraaksel teruggaan, is ‘n dwaas wat sy sotheid weer ophaal.

Spr 26:12  Het jy ‘n man gesien wat wys is in sy eie oë? Daar is meer hoop vir ‘n dwaas as vir hom.

Spr 26:24  Die hater veins met sy lippe, maar in sy binneste koester hy bedrog.

Spr 26:25  As hy sy stem lieflik maak, vertrou hom nie; want sewe gruwels is in sy hart.

Spr 26:26  Al verberg die haat homself in bedrog, sy boosheid word in die vergadering openbaar.

Spr 26:27  Wie ‘n kuil grawe, sal daarin val; en hy wat ‘n klip rol, dit sal na hom terugkom.

Spr 26:28  ‘n Valse tong haat die wat hy verbrysel het, en ‘n gladde mond bewerk ondergang.

Spr 27:1  Beroem jou nie op die dag van môre nie, want jy weet nie wat die dag sal bring nie.

Spr 27:2  Laat ‘n ander jou prys en nie jou eie mond nie; ‘n vreemde, en nie jou eie lippe nie.

Spr 27:4  Woede is wreed, en toorn kook oor; maar wie kan voor jaloersheid standhou?

Spr 27:5  Openlike teregwysing is beter as verborge liefde.

Spr 28:5  Slegte mense verstaan die reg nie, maar die wat die HERE soek, verstaan alles.

Spr 28:6  Die arme wat in sy regskapenheid wandel, is beter as die verkeerde wat twee paaie wil loop en daarby ryk is.

Spr 28:13  Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.

Spr 28:14  Gelukkig is die mens wat gedurigdeur vrees; maar hy wat sy hart verhard, sal in die onheil val.

Spr 28:23  Hy wat ‘n mens teregwys, sal agterna meer guns vind as hy wat vlei.

Spr 29:9  Het ‘n wyse man met ‘n sot ‘n regsaak, dan gaan die sot te kere en lag, sonder bedaring.

Spr 30:15  Die bloedsuier het twee dogters: Gee, gee! Drie is dit wat nie versadig word nie; vier sê nooit: Genoeg nie! —

Spr 31:6  Gee sterk drank aan hom wat wil ondergaan, en wyn aan die wat bitter bedroef is.

Spr 31:7  Laat hy drink en sy armoede vergeet en aan sy moeite nie meer dink nie.

Prd 5:2  (5:1) Wees nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou ‘n woord uitbring voor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees.

Prd 5:4  (5:3) As jy ‘n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe.

Prd 5:5  (5:4) Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie.

Prd 5:10  (5:9) Hy wat geld liefhet, kry nie genoeg van geld nie, en wie rykdom liefhet, nie van inkomste nie; ook dit is dan tevergeefs.

Mat 5:3  Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Mat 5:4  Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.

Mat 5:5  Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.

Mat 5:6  Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.

Mat 5:7  Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.

Mat 5:8  Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.

Mat 5:9  Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Mat 5:10  Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Mat 5:11  Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.

Mat 5:41  En elkeen wat van jou een myl afdwing, loop met hom twee myl saam.

Mat 5:42  Gee aan hom wat jou iets vra, en wys hom nie af wat van jou wil leen nie.

Mat 5:43  Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat.

Mat 5:44  Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg;

Mat 5:45  sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.

Mat 6:3  Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie,

Mat 6:4  sodat jou liefdadigheid in die verborgene kan wees; en jou Vader wat in die verborgene sien, Hy sal jou in die openbaar vergelde.

Mat 6:5  En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het.

Mat 6:6  Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

Mat 6:7  En as julle bid, gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.

Mat 6:9  Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;

Mat 6:10  laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;

Mat 6:11  gee ons vandag ons daaglikse brood;

Mat 6:12  en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;

Mat 6:13  en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Mat 6:14  Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.

Mat 6:19  Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;

Mat 6:20  maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;

Mat 6:21  want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.

Mat 6:24  Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!

Mat 6:25  Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe—wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam—wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?

Mat 6:33  Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

Mat 6:34  Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.

Mat 7:1  Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.

Mat 7:3  En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?

Mat 7:4  Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk!

Mat 7:5  Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.

Mat 7:6  Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.

Mat 7:7  Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.

Mat 7:8  Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.

Mat 7:9  Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom ‘n klip sal gee;

Mat 7:10  en as hy ‘n vis vra, aan hom ‘n slang sal gee?

Mat 7:11  As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!

Mat 7:12  Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.

Mat 7:13  Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.

Mat 7:14  Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.

Mat 7:15  Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.

Mat 7:16  Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ‘n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!

Mat 7:17  So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte.

Mat 7:18  ‘n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom ook geen goeie vrugte nie.

Mat 7:19  Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.

Mat 7:20  So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.

Mat 7:21  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.

Mat 7:22  Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?

Mat 7:23  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

Mat 7:24  Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.

Mat 7:25  En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.

Mat 7:26  En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.

Mat 15:11  Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein.

Mat 15:17  Begryp julle nog nie dat alles wat in die mond ingaan, in die maag kom en in die heimlikheid uitgewerp word nie?

Mat 15:18  Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat die mens onrein maak.

Mat 15:19  Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal.

Mat 15:20  Dit is hierdie dinge wat die mens onrein maak; maar om met ongewaste hande te eet, maak die mens nie onrein nie.

Mat 18:3  en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!

Mat 18:4  Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele.

Mat 18:5  En elkeen wat een van sulke kindertjies in my Naam ontvang, ontvang My;

Mat 18:6  maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ‘n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see.

Mat 18:21  Toe kom Petrus na Hom en sê: Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe?

Mat 18:22  Jesus antwoord hom: Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe.

Mat 19:3  Toe kom die Fariseërs na Hom om Hom te versoek, en sê vir Hom: Is dit ‘n man geoorloof om oor allerhande redes van sy vrou te skei?

Mat 19:4  En Hy antwoord hulle en sê: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie,

Mat 19:5  en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees;

Mat 19:6  sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.

Mat 19:7  Hulle sê vir Hom: Waarom het Moses dan beveel om ‘n skeibrief te gee en van haar te skei?

Mat 19:8  Hy antwoord hulle: Omdat Moses weens die hardheid van jul harte julle toegelaat het om van julle vroue te skei; maar van die begin af was dit nie so nie.

Mat 19:16  En daar kom een na Hom en sê vir Hom: Goeie Meester, watter goeie ding moet ek doen, dat ek die ewige lewe kan hê?

Mat 19:17  En Hy sê vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God. Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie.

Die Vrou

Spr 31:10  Alef. Wie sal ‘n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale.

Spr 31:11  Bet. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie.

Spr 31:12  Gimel. Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe.

Spr 31:13  Dalet. Sy sorg vir wol en vlas, en sy werk met gewillige hande.

Spr 31:14  He. Sy is soos die skepe van ‘n handelaar—van ver af bring sy haar brood in.

Spr 31:15  Wau. En sy staan op as dit nog nag is en gee voedsel aan haar huisgesin en die bestemde deel aan haar diensmeisies.

Spr 31:16  Sajin. Sy dink na oor ‘n stuk grond en koop dit, van die vrug van haar hande plant sy ‘n wingerd.

Spr 31:17  Get. Sy omgord haar lendene met krag en hou haar arms stewig.

Spr 31:18  Tet. Sy voel dat haar wins goed is, in die nag gaan haar lamp nie dood nie.

Spr 31:19  Jod. Sy steek haar hande uit na die spinstok, en haar handpalms hou die spoel vas.

Spr 31:20  Kaf. Sy brei haar handpalm uit na die ellendige, en sy steek haar hande uit na die behoeftige.

Spr 31:21  Lamed. Sy is nie bevrees vir haar huisgesin vanweë die sneeu nie, want haar hele huisgesin dra skarlaken stof.

Spr 31:22  Mem. Sy maak vir haarself dekens, haar tabberd is van fyn linne en purper.

Spr 31:23  Noen. Haar man is bekend in die poorte as hy saam met die oudstes van die land sit.

Spr 31:24  Samek. Sy maak hemde en verkoop dit, en gordels lewer sy aan die handelaars.

Spr 31:25  Ajin. Sterkte en eer is haar kleed, en sy lag oor die dag wat kom.

Spr 31:26  Pe. Haar mond maak sy oop met wysheid, en vriendelike onderrigting is op haar tong.

Spr 31:27  Sade. Opmerksaam gaan sy die werksaamhede van haar huis na, en die brood van luiheid eet sy nie.

Spr 31:28  Kof. Haar seuns tree op en noem haar gelukkig, haar man ook, en hy prys haar:

Spr 31:29  Resj. Baie dogters het hulle knap gedra, maar jy oortref hulle almal.

Spr 31:30  Sjin. Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid; ‘n vrou wat die HERE vrees, sy moet geprys word.

Spr 31:31  Tau. Gee haar van die vrug van haar hande, en laat haar werke haar prys in die poorte.

Write comment (0 Comments)

Hoof van die Huis.

Wat is die betekenis daarvan dat die man as hoof van die huis aangewys is, en hoe is die man veronderstel om die posisie met outoriteit te vul?

My siening hiervan is die volgende, en dit staan enigeen vry om my siening te korigeer:

Die posisie as hoof kan nie sonder outoriteit gehandhaaf word nie. Outoriteit as hoof van die huis beteken nie, vrou gaan maak kos ek is honger, ens nie.

Die hoof van die huis sal slegs outoriteit verkry deur die verordeninge van ons Vader toe te pas, te leef, te handhaaf, te respekteer en dit toe te pas sonder ‘n eie ek, hovaardige houding.

Hoe verkry die hoof van die huis outoriteit? Outoriteit wat hom in staat stel om aan sy vrou en kinders voor te kan skryf wat reg en verkeerd is, en as sy outoriteit nie respekteer word nie, dan kan hy sy gesin verwys na die outoriteit van ons Hemelse Vader om sodoende sy outoriteit af te dwing, maar dit moet in lyn wees met die outoriteit van Christus. sien Efs 5:23. Om die outoriteit te verkry moet die man die Woord van ons hemelse Vader leef, veral Matt 5,6, en 7. Wanneer die hoof van die huis, Matt 5,6, en 7 leef, dan eers verkry hy outoriteit.

Die belangrikste en grootste taak wat die man op aarde het is om sy gesin te lei met outoriteit. Die gebeure in Genesis 3, het tot gevolg dat die groot verantwoordelikheid, vierkantig op die man (mens) se skouers geplaas word.

Wat is die man se pligte dan? Eerstens, hy moet brood op die tafel sit, nie vakansie huise, motors, die duurste klere, of allerhande materialistiese bykomstighede nie! In die sweet van sy aangesig sal hy brood eet, totdat hy na die aarde terugkeer. Tweedens, en dit is die mees belangrikste plig wat die hoof van die huis het, is om die ketting tussen hom en die Hemelse Vader, deur te trek na sy kinders.

‘n Ketting is net so sterk as sy swakste skakel. Indien die man dit vermag om sy kennis van die Hemelse Vader so aan sy kinders oor te dra, met voorbeeld en leiding, dat die kinders op ‘n vroeë ouderdom bewus kan wees van die Hemelse Vader se bestaan, teenwoordigheid, liefde en beloftes, sal die kinders in staat wees om die aanslae van die vyand te kan weerstaan, sal die kinders as volwassenes die ketting sterk kan hou en in hul instaat stel om dieselfde oor te dra aan hul kinders. Sal die kinders naby aan die Hemelse Vader groot word en leef. As daardie ketting nie gebreek word nie, dra die mens by tot die oorwinning van die vyand.

Kinders wat in die omstandighede groot word, sal weet wanneer die tyd aanbreek om te trou, dat hul keuse sal wees, die van ‘n lewensmaat wat onder dieselfde omstandighede en lewenskwaliteit groot geword het. Afgesien van liefde en al die hartsbegeertes wat ‘n rol speel in die keuse van ‘n liefdesmaat, maak wie jy kies, een van die belangrikste boustene van die huwelik uit. Kinders sal die druk van die wêreld se aanslae beter hanteer en verwerk. Sal kan kies tussen goed en kwaad.

Huwelike sal gerespekteer word en in stand gehou word. Lewensmaats sal met hul verskille na ons Hemelse Vader gaan, en met Sy leiding verskille uitsorteer, en nie in die arms van ‘n derde party nie. Egskeidings sal tot die minimum beperk word, moord en doodslag, haat en venyn en meerderwaardigheid sal nie vatplek kan kry in so ‘n huwelik nie.

Die ketting is egter gebreek. Die wêreldse druk is erg, die vyand gedug en die mens swak. My pleitdooi aan die man is, kom ons tel daardie ketting op, kom ons herstel dit en maak dit sterk, soos dit hoort.  Kom ons verbreed ons kennis van ons Hemelse Vader, kom ons luister na Sy waarskuwings soos in - Hos 4:6  My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.

 

Kom ons staan op!  Kom ons wees mans!!!

 

_______________________________________________________________________________

Gén 3:16  Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers.

Gén 3:19  In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.

Gén 3:22  Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!

Núm 1:4  En met julle saam moet daar van elke stam ‘n man wees, ‘n man wat hoof is van sy families.

Núm 3:32  En die hoof van die owerstes van Levi moet wees Eleásar, die seun van Aäron, die priester, die opsigter oor die wat die diens van die heiligdom waarneem.

1Ko 11:3  Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus. DIE KETTING WAT HERSTEL MOET WORD!

Efs 5:23  Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam.

Write comment (0 Comments)