Daar was nie ‘n keuse nie, dit moes plaasvind. Wie of wat beskik oor die mag om die hele wêreld te forseer om digitaal te gaan?? Gedurende die maand van September 2015 moet alle banke wêreldwyd oor skakel na die EMV stelsel (Europay, Masterkaart, Visakaart). Dit is net Amerika wat halstarrig en sleepvoetend hieraan deelgeneem het, maar hulle is vinnig besig om in te skakel. Daar word eenvoudig aan elke instansie en land aangedui, dat dat die lande of instansie wat nie oorskakel na die EMV stelsel nie, nie dekking sal geniet in die geval van kaartbedrog nie. Amerika steier onder ‘n aardige 8,6 biljoen dollar kaartbedrog per jaar.

Interressant moet alle instansies en lande wat met brandstof te doen het, in November 2017 oorgeskakel wees na die EMV stelsel. Dit dui daarop dat daar in die bedryf individue is, wat nie sommer rondgestoot word nie, maar selfs hulle sal November 2017 EMV toeganklik wees.  Dit beteken dat elke persoon regoor die wêreld met sy eie debiet of kredietkaart kan handel dryf, en die voordeel geniet dat kaartbedrog grotendeels deur die stelsel bekamp sal word. Klink dit nie soos een gesindheid nie?

Die beplanning vir die tot standkoming van die laaste unie die Asian Pacific Union behoort op die laatste in 2020 te geskied - https://en.wikipedia.org/wiki/Pacific_Union Die ander is reeds gevestig en stilweg besig om hul voetwerk reg te kry. Dit beteken dat gedurende, of voor 2020 die wêreld in tien unies verdeel gaan wees, wat almal oor dieselfde doelstelling, konstitusie en benadering gaan beskik. Dit is hoe eenvoudig en maklik eenheid bewerkstellig kan word. Teen 2020 is die wêreld so saamgestel dat daar een gesindheid gaan wees regoor die wêreld. Dit beteken nie dat die individu noodwendig hiermee gaan saamstem nie, maar die proses geskied egter op so ‘n hoë vlak, dat die individu geen seggenskap het in die hele proses nie.

Al die gebeure die afgelope jare regoor die wêreld, is lankal vir ons vooruit gesê in Die Skrif. ‘n Duidelike bewys van hoe waar Die Skrif is. Daar is geeneen, oor die geskiedenis van die wêreld, wat die geskiedenis vooruit kon vertel nie.

Die vraag onstaan nou, moet die res van Openbaring 17:13, nie ernstig in oënskou geneem word nie? Dit staan duidelik daar geskryf dat die tien konings (Regerings/Unies) wat een gesindheid bewerkstellig het, hul mag en krag gaan oorgee aan die dier!!

Dit kan sonder skroom deur enigeen bevestig word, dat daar nog nooit voorheen in die geskiedenis, tot huidig ‘n situasie ontstaan het, waar tien konings hul mag oorgegee het aan ‘n enkele persoon (in die geval, die dier) nie. Kan logika hier die botoon voer, en kan ons aflei dat wanneer daar een gesindheid op aarde is, wat met die vestiging van die laaste unie kan geskied, dat die oorgee van hul mag (die tien konings/Regerings/Unies se mag) aan een persoon (die dier) die volgende stap is??

Hoe maklik is dit vir die tien verteenwoordigers van elke unie, om uit hul geledere ‘n president te verkies, wat dan in beheer van die wêreld sal wees? Is dit vergesog? Hoe anders gaan die dier regoor die wêreld, aan bewind kom? Wie is regtig ons vyand?

Kommentaar Aangedryf Deur CComment