Aan watter volk wil ons behoort:

Het die tyd nie aangebreek dat ons ophou konsentreer op herkoms, taal, kultuur en volksgroepe nie. Is daar nog tyd oor, om regtig passievol, hieraan tyd te spandeer?

Wat sê God vir ons? Jer 30:22 En julle sal vir My ‘n volk wees, en Ek sal vir julle ‘n God wees.

Wie wil nie eerder deel van daardie volk wees nie? Vra maar self die vraag - Wat is die vooruitsigte in Suid Afrika dat die blanke Afrikaner/Boer die voorreg gaan verkry om weer as ‘n volk te heers in die land? Die antwoord word verskaf, en aan die volk van God word dit meegedeel, wanneer dit verstaan sal word.

Jer 30:24 Die toorngloed van die HERE sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit verstaan.

Dit gaan gepaard met ‘n waarskuwing wat onrustigheid in die gemoed behoort te bring.

Jer 30:23 Kyk, ‘n storm van die HERE, grimmigheid het uitgegaan, ‘n dwarrelstorm! Op die hoof van die goddelose mense breek dit los.

Kommentaar Aangedryf Deur CComment