Wat is die regte rede vir die bou van die omstrede Nkandla woning, van die president. Maak die president nie maar net voorsiening soos enige ander president en invloedrykes regoor die wêreld, vir voorsienigheid waaroor hulle baie beter ingelig is as die meeste van ons.

Is dit moontlik dat diaboliese planne ook gesmee word om die gebeure rondom die Eintyd te kan trotseer? Wat ookal hul motivering is, ons Vader het geweet dat diesulke voorbereidings, gaan plaasvind. Staan daar nie in Sy Woord, presies dat wat nou gebeur, dat dit sal gebeur nie?

Rev_6:15 en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge,

Rev 6:16 en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam;

Rev 6:17 want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?

Is dit nie “awesome” om te kan weet dat mens al jou geloof en vertroue in Iemand se hande kan plaas, Iemand wat so almagtig is, wat alles vooruit weet, wat ook onderneem om die wat Hom kies, die ewige lewe te laat be-erwe, met die gemoedsrus en wete, dat dit wat Hy sê, doen Hy!!

Kommentaar Aangedryf Deur CComment