Die rasionaal agter xenofobie.

Wonder u nie oor hoekom xenofobiese voorvalle nie deurlopend op 'n gereelde basis geskied nie. Die buitelanders is darem al lankal in Suid Afrika en elke dag interaktief betrokke by Suid Afrikaners. Hoekom dan hierdie intense opflikkering van xenofobiese geweld?
Die antwoord daarvoor, is dat ons deel uitmaak van 'n groter prentjie, en deel daarvan is die Afrika Unie. Op een of ander manier moet die struktuur van die unie gesag kan openbaar en kan verkry. Verder is hul groot taak om eenheid te bewerkstellig, regoor die Afrika vasteland.

Die huidige regering het hulp verkry van baie lande in Afrika, wat hulp en bystand verleen het aan die ANC wat hul in staat gestel het om beheer oor te neem in Suid Afrika. Vir die bystand het die ANC onderneem om onder andere, die immigrasie maatrëels te verslap en ander toe te laat om te kan eet uit die vleispotte van Suid Afrika.

Die insypeling is deur die Afrika Unie georkestreer. Onthou om mag te kan verkry moet die Afrika Unie dit of deur geweld verkry, of deur eenheid. Die Woord van God sê vir ons dat unies, mag deur eenheid gaan verkry. Tien konings, en hul het een gesindheid, aan die einde van die dae.

Daar is 'n derde mag. 'n Mag wat in ons plaaslike swartmense se oor kom fluister dat hul klein wêreldjie om hul, bedreig word deur vreemdelinge. Wanneer dit plaasvind ervaar ons xenofobiese geweld. Dit stel Suid Afrika in die kollig regoor die wêreld, en bied die geleentheid aan Afrika lande om openlik Suid Afrika aan te spreek deurdat SA betigtig kan word oor die hulp wat aan SA verleen is. Daarom is dit vir die lande onaanvaarbaar dat buitelanders hier so hanteer word. Die Afrika Unie sê huidig, ons moet streef na eenheid en die ander lande in Afrika stem almal saam, dat ons in Afrika moet saamstaan en na eenheid strewe. Dit is die betoog wat nou deur die ander lande gelewer word, dat al die lande in Afrika, moet saamstaan.

Xenofobie gaan bydra dat Suid Afrika gedwing gaan word tot eenheid met die res van Afrika, en dit geld vir al die gewelddadige gebeure regoor die wêreld wat nou hoogety vier. Die tafel word gedek sodat eenheid verkry kan word deur die opstande wat wêreldwyd aan die orde van die dag is, as hefboom te gebruik.

Daar is unies wat eenheid deur onderhandelings gaan verkry, ander sal opstande, ontevredenheid en geweld moet gebruik om hul doelwit te bereik.

Kommentaar Aangedryf Deur CComment