Dit is opmerklik dat daar ‘n groot dringendheid vanaf die Afrika Unie is om eenheid te bewerkstellig en te vestig.

Huidige gebeure vind plaas, soos aangedui in die droom van Nebukadneser, in die tyd van voete en klei en die tydperk van die tone sal waarskynlik binne die volgende agt jaar aanbreek. Daar is huidig tien verskuilde regerings waarvan slegs twee prominent is, soos aangedui in Openbaring 17:12.

Dit is so duidelik, hoekom is daar so ‘n beklemtoning om eenheid by die Afrika Unie. Hierdie maand Mei is Afrika maand met 25 Mei as veronderstelde Afrika nasionale openbare vakansie dag, wat nog net deur vyf lande van Afrika erken word. Dit sal binne ‘n jaar of twee as ‘n openbare vakansiedag deur al die lande in Afrika erken word. Al die amptelike geprekke rondom Afrika word oorheers deur die beklemtoning van eenheid wat daar in Afrika moet wees. Dit word ook so op verskeie TV kanale aangedui, prominent op die skerm. Dit moet so wees en gaan so wees, Afrika sal eenheid verkry, en al sal bereiking van eenheid se finale erkenning vanaf die Afrika Unie kom, dit sal gebeur. Dit is lankal vooruit gesê - Openbaring17:13 Hulle het EEN GESINDHEID !!!

Die laaste unie behoort in 2020 gevestig te wees. Sodra dit geskied is daar tien unies (Tone) met EEN GESINDHEID. Dit is om die draai, en dit is hoe naby die eindtyd is, of eerder die begin van ewige lewe, vir sommige.

Kommentaar Aangedryf Deur CComment