Druk


Dit is net logies dat elke land dus onderdanig is aan die pous? As u gaan kyk waar die menseregte en onteiening in die huidige vorm vandaan kom, sal u sien dit kom van die pous af.
Hoekom is dit belangrik? Menseregte vergrype veroorsaak chaos oral, en kinderegte is deesdae magtiger as ouerregte. Ouerregte soos deur God bepaal in die Tien Gebooie, bestaan nie meer nie. Wat behels menseregte, soos deur die pous ingestel? In kort, die wat minder het as ander, word bemagtig om te kan vat van die wat meer as hulle het. Hoe strook dit met die Tien Gebooie?

Dieselfde met Onteiening. Eiendomsreg beteken nie meer die eiendom is joune nie, nee dit beteken die eiendom is ‘n “common” – algemene eiendom en moet tot beskikking wees vir enigeen wat aan so ‘n behoefte voldoen. So, jou eiendom mag gevat word. Die bewys dat die pous oor die hoogste gesag beskik, is duidelik want al sy kentekendraers het die beleid in hul lande ingevoer en toegepas.
Dan het die pous ook gegaan en die Tien Gebooie verander soos wat hy wou.

Wat beteken dit alles? Die heel belangrikste wat hier uitkom is die volkome akkuraatheid van die Bybel, wat mens verstom en tog opgewonde laat.
Wat doen die pous? Hy daag die gesag van God uit. Hy verander die tien gebooie. Hy laat toe dat mense kan steel, en steek dit weg onder menseregte. Eer jou vader en jou moeder, word by die venster uitgegooi. Die kinders mag nou vir die grootmense voorsê.

Wat sê die Bybel? - Luk 16:17 Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een tittel van die wet sou val.
Dan 7:8 Terwyl ek op die horings ag gee, kom daar ‘n ander horinkie tussen hulle op, en drie van die vorige horings is daarvoor ontwortel; en kyk, in hierdie
horing was oë soos mens-oë, en ‘n mond wat groot dinge spreek.
Dan 7:25 En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende ‘n tyd en tye en die helfte van ‘n tyd.

Kan daar nog enigsins oor die Bybel getwyfel word?