Druk

Die Wegraping

Daar word baie gewonder en bespiegel oor of daar ‘n wegraping is, en indien wel, wanneer die wegraping gaan plaasvind. Baie vind troos daarin dat die wegraping gaan plaasvind, voor die groot verdrukking.

In Vader se Woord vind ons  die volgende geskrifte:

1.         Dan 12:1  En in dié tyd sal Mígael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal ‘n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ‘n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan. Dan 12:2  En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.

2.         Mat 24:9  Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam. Mat 24:13  Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. Mat 24:21  Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. Mat 24:22  En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.

Mat 24:25  Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê.  Hier word dit duidelik vir ons gesê dat die uitverkorenes deel gaan wees van die groot verdrukking, want ter wille van die uitverkorenes word die tydperk van die verdrukking verkort, wat beteken dat die uitverkorenes die groot verdrukking gaan ervaar.

 

3.         Mat 24:29  En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word. Mat 24:30  En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid. Mat 24:31  En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.  Weereens bevestiging dat dadelik na die verdrukking, sal Hy sy engele uitstuur om al die uitverkorenes te versamel. Baie duidelik sal die uitverkorenes deel uitmaak van die verdrukking.

 

4.         Opn 7:13  Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom? Opn 7:14  En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam. Hierdie verse is nog ‘n aanduiding dat uitverkorenes die groot verdrukking gaan ervaar.

 

Watter merkwaardige vooruitsigte is daar nie, vir die wat getrou is en Vader bely nie!!  Nie net sal hulle saam met Vader gedurende die duisendjarige vredryk regeer nie, nog wonderbaarliker, die tweede dood het geen mag oor hulle nie!!!  

Opn 20:4  En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. Opn 20:6  Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.

 

Uit ‘n menslike perspektief maak dit ook geen sin dat daar nie uitverkorenes is gedurende die tydperk van die groot verdrukking nie. Indien daar nie uitverkorenes in daardie tydperk is nie, wie gaan dan verdruk word? Dan maak die verdrukking mos geen sin nie!

 

Grimmigheid

 

Die grimmigheid van Vader word uitgestort oor die hele wêreld, net na die groot verdrukking, soos die volgende skrifte aandui:

 

Opn 14:9  En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, Opn 14:10  sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam.

 

Opn 16:1  En ek het ‘n groot stem uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: Gaan gooi die skale van die grimmigheid van God op die aarde uit.

 

Sef 3:8  Daarom, verwag My, spreek die HERE, op die dag wat Ek My gereed maak vir die buit; want dit is my strafoordeel om nasies te versamel, koninkryke te vergader om my grimmigheid oor hulle uit te stort, al die gloed van my toorn. Want die ganse aarde sal deur die vuur van my ywer verteer word!

 

Opn 17:14  Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou.

Na die groot verdrukking kom die groot oorlog, waarvan die uitverkorenes nie deel het nie, want die oorlog gaan gevoer word, sonder toedoen van mensehande.

 

Dan 2:34  U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande ‘n klip losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het.

 

Dan 2:44  Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan— Dan 2:45  net soos u gesien het dat sonder toedoen van mensehande ‘n klip van die berg af losgeraak het wat die yster, die koper, die klei, die silwer en die goud verbrysel het. Die grote God het aan die koning bekend gemaak wat hierna sal gebeur; en die droom is waar en sy uitlegging betroubaar.

 

Jes 13:9  Kyk, die dag van die HERE kom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde ‘n woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg.

 

Jes 13:13  Daarom sal Ek die hemel laat sidder, en die aarde sal wyk uit sy plek met gebeef, vanweë die grimmigheid van die HERE van die leërskare en vanweë die dag van sy toorngloed.

 

Gaan ons Oplet?

 

Mat 24:15  Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet— Mat 24:16  dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; Mat 24:17  wie op die dak is, moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie; Mat 24:18  en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie. Mat 24:21  Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. Mat 24:22  En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.

Christene is deur die eeue gemartel, verbrand en vermoor, soos uit die geskiedenis bevestig kan word. Hulle is nie gewaarsku of beskerm nie. Dit klink verskriklik, maar is nie ‘n aanklag teen ons Hemelse Vader nie. Christene was daardie tyd bereid om vir hul geloof op te staan, en ook te sterf. Dit gaan weer gebeur en in Mat24:25 sê ons Hemelse Vader aan ons - Mat 24:25  Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê.

 

Daar kom ‘n verdrukking soos wat van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. Dit word vir ons bevestig in Mat 24:21

 

Die waarskuwing gaan nie net van toepassing wees in Judea nie, dit gaan van toepassing wees op Christene regoor die hele wêreld. Die waarskuwing  is om te vlug na die berge - Mat 24:16

Elkeen wat hier lees, moet asb die waarskuwing baie ernstig opneem. Dit is baie duidelik dat ons die tydperk van die groot verdrukking nader, soos Vader in Sy Woord vir ons aandui. Elkeen moet hieroor besin en ook die betekenis van vlug na die berge in oënskou neem. Soos daar vir ons gesê word, daar gaan nie tyd wees om iets uit die huis te neem of om om te draai om klere saam te neem nie.

 

Om die rede is elkeen genoodsaak om vroegtydig voorsiening te maak om te kan vlug na ‘n plek wat ingerig is en waar mens selfversorgend kan leef. Ons is huidig besig met die vestiging van so ‘n plek op ‘n afgeleë plaas. Daar sal meer sulke vestings ingerig moet word, daarom moet u almal wat u ken inlig, sodat hul bewus kan wees van die waarskuwings en omstandighede en die fei dat hulle voortydig moet optree. Vader sê vir ons - Hy het dit vir ons vooruit gesê. Ons mag nie die waarskuwings ignoreer nie. Daar is nog heelwat geleentheid en grond beskikbaar vir enigeen wat om dieselfde rede as ons, saam met ons wil gaan voorsorg tref.

 

Daar is die gemoedsrus dat Vader ons nie aan sy grimmigheid gaan blootstel nie, want net voor Armagéddon vind die wegraping plaas, soos in Daniël vir ons aangeduid word – Dan 12:1  En in dié tyd sal Mígael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal ‘n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ‘n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan. Dan 12:2  En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.

In die tyd van die groot verdrukking, net voor Armagéddon, sal Sy volk gered word.

 

Dan-12:10  Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan.

 

                                                                   Vrede.