Druk

Wat ‘n wesenlike dreigement is en baie ontstellend is, is die gedeelte in Openbring 14:9,10,11. Die aanloop tot ‘n eenwêreldregering en die tegnologiese vooruitgang wat daarmee gepaard gaan, gaan alle mense noodsaak om die merk van die dier te vat, indien hulle deel wil wees en bly van die hoofstroom ekonomie van die eenwêreld-regering!

Wat gebeur tans hier in ons land? Die nuwe ID kaart wat binnekort inwerking gestel gaan word (die implementering van die projek het intussen plaasgevind) , beskik oor ‘n slimkaart. Let op hoe gaan ons gemanupileer word. Die huidige groen ID boek kan, wanneer die slim ID kaart beskikbaar is, op versoek uitgereik word, maar die koste daaraan verbonde sal ongeveer R 150.00 wees. Die nuwe slim ID kaart gaan gratis uitgereik word! Daardie kaart kan maar net sowel aan mens se voorkop vasgeplak word, want dit gaan die volgende stap wees - om die mikroskyfie op die voorkop of op die regterhand te kry. Dit is wat nodig gaan wees om te kan koop en verkoop (sien Openbaring 13:15,16,17 en 18).(Vers 15: En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie. 16. En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hul voorhoofde gegee word; 17. sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het. 18. Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is seshonderd-ses-en-sestig.)

Die voordele van die mikroskyfie, wat baie mense alreeds laat inplant, is dat dit nie verlore of verouderd kan raak nie en dat alle besonderhede onmiddellik beskikbaar is, soos bv. mediese geskiedenis, mediese lidnommers, ens., ens. Die menige voordele wat die mikroskyfie bied, gaan bydra om die weerstand teen die inplanting van die mikroskyfie af te breek. Die inplanting van die mikroskyfie is al algemene praktyk in baie wêrelddele. Daar is al werkgewers wat die inplanting van die mikroskyfie voorskryf as ‘n verpligting om by hul aangestel te word!!

Om die mikroskyfie meer aanvaarbaar te kry by die publiek, word daar nou gekonsentreer op gesondheidsorg en gaan die mikroskyfie aangewend word om gesondheidsdienste te verbeter en te vergemaklik. Diabetes word ook beskou as die gevaarsiekte van die toekoms, maar moenie bekommer nie, want dmv inplanting van die mikroskyfie, sal die siekte onder beheer gehou word. Klik ASB hier om meer te lees oor die mikroskyfie


Daar word deurentyd gebruik gemaak van subjektiewe blootstelling deur die mens bewus te maak en vrees te skep van die gevare van die dra en gebruik van kontant, en nou ook, deur op gesondheidsorg te fokus. Wie gaan nie ‘n mikroskyfie in sy hand of voorkop laat installeer as dit jou lewe kan red of jou geld beveilig nie? Die aksies is besig om hier onder ons neuse te gebeur en vir die meeste mense is dit logies en maak dit sin, want dit is tegnologiese vooruitgang wat aangewend word tot die voordeel van die wêreldgemeenskap. Die slimskyfie gaan gebruik word om wêreldoorheersing (Eenwêreldregering) te bewerkstellig!
Die doelwit met die SKA Projek in die Noord Kaap is op die oog af om beter beeld, klank en diens te lewer. Maar wat min mense besef is dat die wêreld deur die tegnologie verbind gaan word. Huidig word daar dekodeerders vervaardig wat almal in staat gaan stel om deel te word van ‘n sentrale TV-diens vir die hele wêreld (DT2 by ons). Daar gaan gesorg word dat ieder en elk die dekodeerder wat verskaf gaan word, sal kan bekostig.

Die dekodeerder gaan nie duur wees nie, so ongeveer tussen R500,00 en R 600,00, maar wat belangrik is, is dat elkeen, wêreldwyd, wat dit nie kan bekostig nie, tot en met 70% van die koopsom van die dekodeerder gesubsideer sal word. (Die projek is huidig, begin 2016, besig om uitgerol te word. Verder is nou afgesien van die kostes van die produkte en ongeveer vyf miljoen stelle, dekodeerders en televisie stelle, word nou gratis uitgedeel aan die wat dit nie kan bekostig nie. Hoekom is dit so belangrik dat almal 'n dekodeerder moet verkry. Wie befonds die projek, en waarom?) Alle TV’s van die heel oudstes tot die nuutstes sal aanpasbaar wees met hierdie dekodeerder. Dit is interessant? Gaan ons Jesus so op die wolke sien kom, die hele wêreld saam op dieselfde kanaal?
Nog ‘n uitstekende voorbeeld van hoe die publiek gepamperlang word, is die toekenning van die Nobel prys vir Vrede in 2012. Wie word benoem en vereer met die prys? Die Europese Unie! Watse impak het dit op die mensdom? Subjektief gaan die boodskap uit, mense julle is veilig by die Unies, hier gaan julle vrede vind!!
Gaan ons dobberend saamgesleur word in die maalstroom van tegnologiese ontwikkeling? Gaan daar vir oningeligtes versagtende omstandighede wees? In April 2015 is hierdie ten toongestel -

https://www.youtube.com/watch?v=s-YMihMpFGo     Waarnemings daarna: Europe Is Rolling Out RFID

In the midst of a financial crisis, many companies in myriad industries are investing in the technology to boost profits.

By John Edwards

Is ons oppad hierheen?    https://www.youtube.com/watch?v=Vng90pcY-dI 

 

Wat word vir ons voorgesê, en waarteen word gewaarsku in God se Woord? 

Jes 48:1  Hoor dit, huis van Jakob wat julleself noem met die naam van Israel en uit die waters van Juda voortgekom het, wat sweer by die Naam van die HERE en die God van Israel roem, maar nie in waarheid of in geregtigheid nie—

Jes 48:2  want hulle noem hul na die heilige stad en steun op die God van Israel, HERE van die leërskare is sy Naam.

Jes 48:3  Die vorige dinge het Ek lankal verkondig, en uit my mond het dit uitgegaan, en Ek het dit laat hoor; skielik het Ek dit volbring, en dit het gekom.

Jes 48:4  Omdat Ek geweet het dat jy halsstarrig is, en jou nek ‘n ystersening is, en jou voorhoof koper,

Jes 48:5  daarom het Ek jou dit lank tevore verkondig; voordat dit gekom het, het Ek jou dit laat hoor, dat jy nie sou sê: My afgod het dit gedoen, of my gesnede beeld of my gegote beeld het dit beveel nie.

Jes 48:6  Jy het dit gehoor—aanskou dit alles! Sal júlle dit dan nie verkondig nie? Van nou af laat Ek jou nuwe dinge hoor en geheime wat jy nie geweet het nie.

Jes 48:7  Nou is hulle geskape en nie tevore nie; en voor vandag het jy niks daarvan gehoor nie, dat jy nie sou sê: Kyk, ek het dit geweet nie!

Jes 48:8  Ja, jy het dit nie gehoor nie, ook het jy dit nie geweet, ook het jou oor tevore nie daarvoor oopgegaan nie; want Ek het geweet dat jy baie troueloos handel, en dat jy van die moederskoot af ‘n oortreder genoem is.

Jes 48:9  Om my Naam ontwil vertraag Ek my toorn, en om my roem ontwil bedwing Ek My jou ten goede, om jou nie uit te roei nie.

Jes 48:10  Kyk, Ek het jou gelouter, maar nie soos silwer nie; Ek het jou beproef in die smeltkroes van ellende.

Jes 48:11  Om My ontwil, om My ontwil sal Ek dit doen—want ag, hoe is my Naam ontheilig! —en Ek sal my eer aan geen ander gee nie.

Jes 48:12  Luister na My, o Jakob, en Israel, wat Ek geroep het, dit is Ek; Ek is die Eerste, ook is Ek die Laaste.

Jes 48:13  Ook het my hand die aarde gegrond, en my regterhand die hemele uitgesprei; as Ek hulle roep, staan hulle daar almal saam.

Jes 48:14  Kom bymekaar, julle almal, en luister! Wie onder hulle het dit verkondig? Hy vir wie die HERE liefhet, sal sy welbehae voltrek aan Babel, en sy mag aan die Chaldeërs.

Jes 48:15  Ek, Ek het dit gespreek, ook hom geroep; Ek het hom laat kom, en in sy weg sal hy voorspoedig wees.

Jes 48:16  Kom julle nader na My, hoor dit: Ek het van die begin af nie in die geheim gespreek nie; van die tyd af dat dit gebeur, is Ek daar! En nou het die Here HERE my met sy Gees gestuur.

Jes 48:17  So sê die HERE, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die HERE jou God, wat jou leer wat heilsaam is, wat jou lei op die weg wat jy moet gaan.

Jes 48:18  Ag, as jy maar na my gebooie geluister het, dan sou jou vrede gewees het soos ‘n rivier en jou geregtigheid soos die golwe van die see;

Jes 48:19  dan sou jou nakomelinge gewees het soos die sand, en die wat uit jou liggaam voortkom, soos die korreltjies daarvan; sy naam sou nie uitgeroei of verdelg word voor my aangesig nie!

Jes 48:20  Gaan weg uit Babel, vlug weg van die Chaldeërs! Verkondig met jubelklank, laat dit hoor, bring dit uit tot by die einde van die aarde! Sê: Die HERE het sy kneg Jakob verlos;

Jes 48:21  en hulle het geen dors gehad nie, in die woesteny het Hy hulle gelei; Hy het water uit die rots vir hulle laat stroom en die rots geklowe, sodat die waters weggevloei het.

Jes 48:22  Geen vrede, sê die HERE, vir die goddelose nie! 

1Ts 5:1  Maar oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie;

1Ts 5:2  want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag.

1Ts 5:3  Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.

1Ts 5:4  Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.

1Ts 5:5  Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.

1Ts 5:6  Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.

1Ts 5:7  Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk.

1Ts 5:8  Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid.

1Ts 5:9  Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus

1Ts 5:10  wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe.

1Ts 5:11  Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.

1Ts 5:12  Maar ons vra julle, broeders, erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan;

1Ts 5:13  en bewys hulle in liefde die hoogste agting ter wille van hulle werk. Hou vrede onder mekaar.

1Ts 5:14  En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal.

1Ts 5:15  Sorg dat niemand ‘n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal.

1Ts 5:16  Wees altyddeur bly.

1Ts 5:17  Bid sonder ophou.

1Ts 5:18  Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.

1Ts 5:19  Blus die Gees nie uit nie.

1Ts 5:20  Verag die profesieë nie.

1Ts 5:21  Beproef alle dinge; behou die goeie.

1Ts 5:22  Onthou julle van elke vorm van kwaad.

1Ts 5:23  En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!

1Ts 5:24  Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen.

1Ts 5:25  Broeders, bid vir ons.

1Ts 5:26  Groet die broeders almal met ‘n heilige kus.

1Ts 5:27  Ek besweer julle by die Here dat hierdie brief aan al die heilige broeders voorgelees word.

1Ts 5:28  Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen.