Druk

 

 

Wat vanaf 604v.C. gebeur tot en met die eindtyd, word presies uitgespel watter koninkryke betrokke gaan wees, soos deur die geskiedenis bewys.

Die beeld bestaan uit: 

1. Die kop van goeie goud

2. Die bors en arms van silwer  

3. Die buik en lendene van koper

4. Die bene van yster, sy voete is gedeeltelik van yster en klei en is soos die tone ‘n verlenging van die bene.

Wat belangrik is en deurentyd ingedagte gehou moet word, is dat die beeld in die vorm van ‘n mens was.

Dus kan die tydperk, wat die beeld voorstel, gemeet in verhouding tot die gemiddelde lengte van ‘n mens, wiskundig bereken word. Verhoudings in ag geneem, is dit duidelik dat die tone in verhouding tot die res van die liggaam ‘n baie kort tydperk verteenwoordig. Dit is dus baie duidelik dat wanneer die tydperk van die tone aanbreek, soos in die droom uitgespel, daar baie min tyd oor is tot en met die einde van die dae.

Kan ons vasstel wanneer breek die tydperk van die tone aan?

Nebukadneser het goud as die geldstandaard gestel, soos dit nog vandag is. Die kop van goud verteenwoordig die eerste wêreldryk, die Babiloniese Ryk onder Nebukadneser - 604 vC tot 538vC. (Daniël 2:37,38). Babel was ‘n fenominale stad en was die hoofstad van die eerste drie groot wêreldryke. Die Romeinse Ryk het op die bouvalle van die Griekse Ryk verrys. Hierdie het reeds plaasgevind!!

Die tweede wêreldryk - Medië en Persië - 538vC tot 333vC. Dit word verteenwoordig deur die bors en arms van silwer. Dit was groter in omvang as die Babiloniese Ryk, maar nie van dieselfde kwaliteit nie, net soos silwer nie dieselfde waarde as goud het nie. Hierdie het reeds plaasgevind!!

Die derde wêreldryk was die Griekse ryk - 333vC tot 62vC. Dit verteenwoordig die buik en lendene van koper. Hierdie het reeds plaasgevind!!

Die vierde wêreldryk, die Romeinse Ryk, was van 62vC tot 476 A.D. Gaan kyk in die geskiedenis - soos yster, was hierdie ‘n verskriklike harde tydperk met die wreedste vervolgings ooit. Die Romeinse Ryk was uiters doeltreffend, gedissiplineerd en het wêreldheerskappy uitgevoer.

Wat insiggewend en baie belangrik is, is dat met die val van die Romeinse ryk, het die Romeinse heerskappy nie verdwyn nie, maar verskans geraak in die opkoms van die Pousdom wat betrokke is tot en met die eindtyd. Dit geskied oor ’n lang tydperk, soos deur twee bene voorgestel word, tot en met 1955. Hierdie het reeds plaasgevind!!

Die bene eindig in die voete van yster en klei in 1955. Vanaf 1955 het die ontstaan en ontwikkeling van die unies begin wat die tydperk van die voete is, en dan volg die tydperk van die tien tone - en voltooing van die beeld.

Kan daar nog baie tyd oor wees na die tyd van die einde?