Die studie oor die eindtyd handel oor gebeure rondom die eindtyd, en nie oor of die Bybel waar is of nie, maar die vraag , Is die Bybel waar, duik dikwels op. Hoekom sal enigiets wat in die Bybel geskryf staan as geloofwaardig bevind word en as die waarheid beskou kan word? Normaalweg word die mens oortuig deur die sintuie waaroor hul beskik, wat natuurlik reuk, gehoor, gevoel, sig en smaak is, wat hul help bepaal dat dit wat hul ervaar, waar en juis is. Wat met die Bybel gemaak? Sou daar bewys word dat dit wat in die Bybel staan waar is, in watter mate sal dit u oortuig? So oortuig soos wat mens bv ‘n mango optel, daaraan voel en ruik en proe, en dan een honderd persent oortuig wees dit is ‘n mango? Dit is die vraag, indien u onseker is, hoe oortuig gaan u wees as daar vir u bewys word dat die Bybel waar is? Bewys word dat dit God se woord is, en dit nie uit menslike vermoë moontlik is om te kon skryf, dit wat in die Bybel staan nie.
Kyk gerus hierna:
http://worldtocome.org/how-did-we-get-the-bible-part-1
http://worldtocome.org/how-did-we-get-the-bible-part-2
Dit wat oor die eindtyd behandel word is op sigself genoeg bewys dat die Bybel waar is, maar net om meer perspektief te bring word ‘n paar ander Bybel waarhede aangehaal:
1. Die aarde is rond uit die Bybel, 700 v.C. – “Hy sit bo die kring van die aarde, - - - - ” - Jes. 40:22.
600v.C. begin die mens eers bespiegel dat die aarde rond is.
2. Uit die Bybel dat die aarde in die ruimte hang (1500v.C):
“Hom - - - - - wat die aarde ophang oor ‘n niks;” – Job 26:7
Copernicus (19 Februarie 1473 – 24 May 1543) was die eerste wetenskaplike wat hierdie feit ontdek het, maar baie eeue voordat hy gebore is, het die Bybel geleer dat die aarde nie net alleen rond is nie, maar dat dit in die ruimte hang.
Die ganse mensdom, tot by sy tyd 1475 A.D., het geglo dat die aarde op die een of ander vaste fondament rus.
3. Uit die Bybel dat die sterre ontelbaar is (1900 v.C.).:
Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel - - - - ”- Gen. 15:5
Hipparchus (125 A.D.) het verklaar dat daar 1022 sterre is. Galileo (gebore 18.2.1564) was die eerste wetenskaplike wat geleer het dat die sterre ontelbaar is.
4. Uit die Bybel, die profesie oor die verwoesting van Antieke Babilon (700v.C.) Lees Jesaja 13:19-20. Vers 20 “ Mense sal daar in ewigheid nie woon nie, en dit sal van geslag tot geslag nie bewoon word nie; en die Arabier sal daar geen tent opslaan nie, ..........
7. Die Bybel is die enigste Boek wat volgens ‘n wonderbaarlike numeriese patroon saamgestel is. Dit moet onthou word dat die skrywers nie in dieselfde tyd geleef het nie - hulle leeftye is baie jare van mekaar verwyder. Daar is ‘n periode van 1600 jaar tussen die eerste en die laaste boek van die Bybel. Dit moet ook onthou word dat die 66 boeke van die Bybel deur 33 verskillende persone geskryf is.
Boonop was hierdie persone oor verskillende lande van die wêreld versprei, en was hul agtergrond heeltemal verskillend. Hoe het elke skrywer geweet om oor 1600 jaar hulle woorde so te kies dat wanneer alles klaar geskryf is, dit net mooi deelbaar deur sewe sou wees? Dit is dus duidelik dat die Bybel nie die werk is van baie breinkragte nie, maar dié van net Een Groot Outeur, naamlik God. http://www.eindtyd.org/index.php/numeriese-waardes-van-die-bybel